ʼn Tienerseun is oorlede nadat hy Sondagmiddag na bewering uit ʼn bewegende trein in Soweto in Johannesburg geval het.
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 14:20 na die toneel naby die Merafe-treinstasie in Tsamaisostraat in Naledi ontbied waar ʼn seun, vermoedelik 13 jaar oud, glo uit die trein waarin hy elders op pad was, geval het.
Die seun se liggaam is onder in ʼn wal langs ʼn stroom aangetref en was aanvanklik onbereikbaar.
Volgens Herbst is die treinspore noodgedwonge in albei rigtings gesluit waarna reddingswerkers ʼn tou-en-mandjie-sisteem gebruik het om die liggaam na bo te hys.
Die seun het ʼn kopbesering gedurende die val opgedoen en is op die toneel dood verklaar.
Sterkte aan ys familie.
Ek het al gesien hoe hang die pendelaars by die trein deure en vensters en sit selfs op die dak. Hulle stel hul eie lewens in gevaar.
Ek ry self elke dag trein, dis mens gevaarlik en geen sekuriteit op die treine nie.. Word gedruk en gestamp, ergste van alles is meestal wat so uitgestrek sit het nie eers n kaartjie.. Treine is oorvol daarom hang mense by die deure uit, treine feitlik elke oggend laat en as jy vra dan word dit gese ons weet nie
Die patoloog moet kyk na die merke op sy hande om vas te stel of hy nie dalk uit die trein gegooi is nie. Soos in die Coligny saak.
Klink vir my ook bietjie verdag dat hy nou juis op daardie spesifieke plek uitgeval het.
Frikkie so sê ek ook mos
Daar is sekerlik iemand soos die treindrywer en sy helper wat die skuld mos goedsmoets kan neem
Daar gebeur mos nie sulke ongelukke van somer net uitval nie
Sorry maar moes se
RIV kind
Jammer vir jou famielies
13 jaar oud sonder sy ouers op die trein? Dit se alles!
@En nou?, waar lees jy hy was op die trein sonder sy ouers?
Foeitog, hy het nog nie eers begin lewe nie. 13 is mens nog kind.
Jammer seun geregtigheid sal wel EENDAG seevier RIV
Ek dink hulle moet ‘n scanner aanbring by die trein se deure. Wanneer jy jou kaartjie scan dan gaan die deur oop vir jou en weer toe vir die volgende persoon. Dit klink vir my daars mense onwettig op die treine.
Toy, jy het duidelik nog nie vir ‘n trein gewag en gejaag om in te klim nie, ‘n trein staan nie ure op ‘n stasie nie, dis minute wat soos sekondes voel. Onthou, daar klim nog mense somtyd nog af ook en moet jy wag vir hulle om weg te kom alvorens jy kan inklim. Goeie idee, maar ongelukkig nie haalbaar nie. Daardie scanner wat jy van praat moet op die platform aangebring word dat jy net op die platform kan kom met ‘n kaartjie, dit sal werk,