Seun sterf toe hy uit trein val

Argieffoto

Argieffoto

Die Wes-Kaapse polisie het Saterdag inligting, wat op sosiale media versprei is, ontken dat ʼn 15-jarige seun dood is toe hy op ʼn bewegende trein beroof voordat hy uitgestamp is.

Volgens die inligting, wat saam met ʼn foto van die kind wyd versprei word, is Reagon Payne Woensdagmiddag dood nadat hy glo deur rowers van ʼn bewegende trein naby die Tygerberg-stasie gestamp is. Sy liggaam is glo later onder ʼn brug gevind.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het egter die bewerings ontken. “Ons kan bevestig dat ʼn 15-jarige seun dood is toe hy per ongeluk uit ʼn bewegende trein geval het wat van Bellville na Kuilsrivier gery het,” het Van Wyk gesê.

“Die seun het naby ʼn oop deur gestaan en naby Stikland uitgeval. Hy is nie beroof nie en geen gemene spel word vermoed nie. ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen.”

Die polisie wou nie bevestig of die oorlede seun wel Reagon Payne is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

DPJ ·

Geen reg denke sal per ongeluk uit trein val nie.
Iets snaaks moet bebeur het soos ‘n speelletjie wat skeef geloop het of met op set.

Hein ·

Die treine is nie veronderstel om te beweeg voordat die deure nie toe is nie. Eis moet ingestel word teen Prasa.

spinnekop ·

Klink maar agter dogtig.iets het verseker verkeerd geloop.
sterkte aan die ouers

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.