Seun sterf toe skote buite kitskosplek klap

Nathan Hebler is buite die kitskosplek in Vanderbijlpark geskiet. Hy het later gesterf. (Foto: Facebook)

“I love you, Mamma.”

Dit was van die 18-jarige Nathan Hebler se laaste woorde aan sy ma, Catherina, nadat hy en sy pa, Johan, Dinsdagaand voor ʼn kitskosplek in Vanderbijlpark geskiet is.

Johan en Nathan het vroegaand gaan wegneemetes koop toe ʼn skietery buite in die straat uitgebreek het. Oor dié skietery en wat daartoe aanleiding gegee het, heers egter steeds groot onduidelikheid.

Lettie Bothma, Nathan se ouma, sê volgens dit wat hulle tot dusver kon vasstel, het Johan en Nathan uit die winkel gehardloop toe die skote buite die Slap Chips-winkel begin klap het.

Johan is gewond en Nathan is vermoedelik soveel as drie keer raakgeskiet. Die man wat glo in die straat losgebrand het, het na bewering later in Sharpeville by ʼn vulstasie stilgehou en daar selfmoord gepleeg.

Volgens Bothma het Johan sy vrou kort ná die skietery gebel. Catherina het weer haar ouers laat weet en hulle is saam na die toneel.

Bothma sê Catherina kon ná die skietery minstens nog met haar oudste seun praat.

Hy is by ʼn hospitaal in Emfuleni behandel, maar het later gesterf. Johan is na die Unie-hospitaal in Alberton oorgeplaas.

“Hulle het hul bes probeer om Nathan te stabiliseer, maar sy longe het platgeval en daar was skade aan sy hart,” het Bothma gesê.

Johan is in ʼn bestendige toestand in die hospitaal.

Bothma sê die familie is platgeslaan. Catherina en Nathan se jonger boetie, Juandré (15), gaan deur ʼn moeilike tyd, maar hulle kry egter wonderlike ondersteuning uit die gemeenskap.

Nathan was ʼn matriekleerder aan die Destinata Skool in Meyerton was soos die res van die gesin ʼn ywerige hengelaar.

“Hy was ʼn baie liefdevolle kind en altyd bereid om waar hy ook al kon, te help. Hy het niks daarvan gehou as mense hartseer is nie. Hy was sagte kind en het so baie drome en ideale vir die toekoms gehad,” het sy ouma gesê.

Honderde boodskappe van medelye het reeds ná sy dood ingestroom en Bothma sê talle mense het die gesin reeds besoek, gebel of boodskappe van bemoediging gestuur. Geen begrafnisreëlings is nog getref nie.

Kapt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder in Gauteng, het gesê volgens voorlopige inligting het ʼn “man in ʼn BMW X5 gister omstreeks 19:00 verskeie mense in Vanderbijlpark geskiet. Hy is later by ʼn vulstasie in Sharpeville gekry waar hy homself glo geskiet het”.

Makhubela sê die motief vir die skietery is nog onbekend. “Die polisie probeer nog vasstel wie die persoon is.”

Na bewering het die man ook sy vrou en kinders geskiet voordat hy selfmoord gepleeg het. Dié bewering kon egter nie bevestig word nie.

Na verneem word het die man ná dié beweerde skietery – glo by ʼn huis – na die winkel gery waar hy glo teen verskeie ander voertuie vasgery en toe losgebrand het.

ʼn Video van ʼn man in ‘n BMW wat gisteraand by ʼn vulstasie inry, stilhou en uitklim en dan selfmoord pleeg, is wyd op sosiale media versprei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Etienne ·

Was die skieter by Poppy’s, Melville ook nie in ‘n BMW X5 nie?

Mariana ·

Die wêreld het mal geword en onskuldige mense, kinders sterf daagliks. Dit is hartseer dat so ‘n pragtige jongman moes sterf. Sterkte aan sy familie en ek hoop sy pa herstel vinnig. RIV seun

Ann ·

Agge nee, dis verskriklik hartseer. ‘n Onskuldige jongman, op die drumpel van sy grootmenslewe, en een onstabiele persoon brand los en neem ‘n lewe.
Waar gaan ons heen??

Mariaan ·

NEE NEE NEE…hierdie raak net te veel! So mooi jong seun…tragies

Thelsa ·

Was dit anders-om was die koerantopskrifte iets soos “RASSISTIESE AANVAL”

johanf ·

So tragies en onskuldig, my innige simpatie met al die familie en vriende…

Chantel ·

Ag my hart is sommer seer namens hierdie gesin. Sterkte vir julle

Pieter ·

Voorvalle soos die gee gelisensieerde wapen eienaars ñ slegte reputasie. Veral met wapen vrye bewegings wat die gebruik vir hulle veldtogte.

ES ·

Thom, jou vraag is een wat baie mense vra. Jy glo dit dalk nie, maar ek glo God het sy hand styf vasgehou. As jy dit nie ook glo nie, hoef jy liefs nie kommentaar daaroor te lewer nie. Ons is almal geregtig op ons eie opinie, en geloof.

Om Tracey se kommentaar af te skiet, omdat jy dit nie glo nie, vertel vir ons meer van watter tipe mens jy is.

Die Wolf ·

Die waarheid is hy het eers sy familie uitgewis en toe het sy kop begin uithaak en lukraak begin skiet. Selmoord gepleeg.

Thom ·

Val toevallig saam met die oopstelling van drankverkope ; of dalk nie toevallig nie .

ES ·

Hy lyk nie vir my dronk op die video waar hy by die vulstasie stop nie. Jy maak nou net aannames waarop jy geen bewyse is nie.

popsa ·

Liewe Familie
Ons huil saam oor julle pragtige kind. Mag God julle troos en krag gee.

Ferryman ·

Spree Killer. Baie rare verskynsel. Kon moontlik dit finansiele druk wees dat die man so uitgehaak het.

Annatjie ·

Het die skieter ‘n naam wat is die rede waarom sy naam nie genoem word nie.

Sandra ·

Dis nou tragies. My innige simpatie aan Nathan se familie

Johann ·

Moontlik ander onderliggende probleem met die skieter as mens kyk wat die slagoffers almal in gemeen het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.