Seun tronk toe oor hy nie boete kan betaal

jail_bars‘n Tienerseun van Mpumalanga, wat ‘n medeleerling met ‘n mes gesteek het omdat hy glo sy jonger boetie geboelie het, gaan gevangenisstraf uitdien nadat hy nie ‘n boete kon betaal nie.

Zwakele Lucky Mathebula (18) het Woensdag in die Tonga-landdroshof skuldig gepleit op aanklag van aanranding met die doel om ernstig beseer.

Mathebula het erken dat hy op 10 Februarie vanjaar vir Glen Lubisi (18) vier keer met ‘n mes gesteek het by die Hoërskool Lovunywa in Langeloop.

Senior landdros Sam Nkuna het Mathebula tot 18 maande tronkstraf gevonnis met die opsie om ‘n boete van R3 600 te betaal, wat vir vyf jaar opgeskort is. “Seun as jy vandag wil huis toe gaan moet jy R600 betaal. As jy dit nie kan doen nie sal jy drie maande in die tronk spandeer.”

Nkuna het gesê dit beteken dat indien Mathebula drie maande tronkstraf uitdien, hy nie die balans van R3 000 sal hoef te betaal of 15 maande in die tronk sal hoef te spandeer nie.

Moses Phakula, Mathebula se regsverteenwoordiger, het aan die hof gesê dat sy kliënt erken het dat hy Lubisi met die mes gesteek het omdat Lubisi glo sy jonger broer geboelie het.

Sebotse Rapelwana, staatsaanklaer, het aan die hof gesê hoewel die beskuldigde ‘n eerste oortreder is, hy ‘n vonnis moet kry wat hom ‘n les sal leer. “Jy is jonk maar dit gee jou nie die reg om gevaarlike wapens skool toe te neem nie,” het Rapelwana gesê.

Mathebula is in hegtenis geneem nadat hy nie die R600 kon betaal nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Christo ·

Ongelukkig is dit al manier om verantwoordelikheid vir jou dade te neem. Is tog hartseer dat hy nie die skamele R600 kan bekostig nie. Dink voor doen?

Marieta ·

Tienerseun? Wat het dan geword van 18 is nou die nuwe mondig? Op 18 is jy al stemgeregtig en beskik glo oor genoeg kennis en wysheid om enige krimineel met ‘n gebrek aan maniere in die parlement te kry, maar jy beskik nog nie oor genoeg oordeel om te weet dat jy nie geskille met ‘n mes oplos nie! Dis om van histeries te lag, man. Hy is “n jong volwassene met kriminele nygings, wat na my mening skotvry kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.