Seun tydens betogings geskiet: Klag teen polisie gelê

Skhumbuzo Soni saam met sy ouers,  Phineas en Thembi Soni Foto: ANA

Skhumbuzo Soni saam met sy ouers, Phineas en Thembi Soni Foto: ANA

Die ma van die 10-jarige seun wat Vrydag met ʼn rubberkoeël in die mond geskiet is terwyl die polisie betogers in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, uitmekaar probeer jaag het, het ʼn klag teen die polisie aanhangig gemaak.

Volgens Skhumbuzo Soni se ma, Thembi Soni, was hy op pad skool toe in Willowfontein toe hy deur die rubberkoeël getref is.

Die gemeenskap van Willowfontein het oor ʼn gebrek aan water betoog toe die voorval plaasgevind het. Polisiebeamptes het rubberkoeëls en traangas gebruik om die skare in bedwang te bring. Inwoners het paaie na die nedersetting met brandende bande, klippe en takke afgesper.

Groundup berig Soni en Mazwi Ngubane, ʼn lid van die skool se beheerliggaam, het Maandag ʼn klag by die Plessislaer-polisiestasie aanhangig gemaak.

Soni het gesê sy het aanvanklik op Facebook te wete gekom van Skhumbuzo se besering. “Ek was nog by die werk toe ek my seun se foto op Facebook sien. Ek het geweet daar is betogings in Willowfontein, maar nie gedink my seun sal ʼn slagoffer daarvan word nie,” het Soni gesê.

“Ek het huis toe gehaas en my seun was nie by die huis nie. Ek het ure lank na hom gesoek en kon hom nêrens opspoor nie.”

Soni het Skhumbuzo uiteindelik by die Edendale-hospitaal opgespoor. Hy is daarheen geneem deur ʼn verpleegster van die plaaslike Azalea-kliniek. “Sy boonste lip was heeltemal stukkend en van sy tande was beskadig,” het sy gesê.

Skhumbuzo kon Maandag nie skool toe gaan nie. Volgens Soni kan hy nie vaste kos eet nie en sal ʼn operasie moet ondergaan om die skade te herstel.

Soni wil hê die polisie moet vir haar antwoorde gee waarom hulle haar kind geskiet het. “Ek verstaan nie hoe enigiemand sommer net in ʼn skare in kan skiet waar daar kinders is nie. My kind het sy skooldrag aangehad wat hom en sy maats duidelik van die skare onderskei het. Dié gebruik van geweld is ongevraag en iemand moet verantwoordelik gehou word. Ons verstaan dat die skare beheer moet word, maar om ʼn graad 4-kind te skiet is onnodig. Geregtigheid moet geskied. My kind is onskuldig.”

Skhumbuzo Soni. Foto: Groundup

Skhumbuzo Soni. Foto: Groundup

Volgens die betogers het inwoners verlede Sondag laas water van die Msunduzi-munisipaliteit gekry. ʼn Inwoner van die nedersetting, Zandile Ndlovu, het gesê dat die inwoners niks anders kan doen as om die strate in te vaar om hul ontevredenheid te kenne te gee nie. “Die omstandighede in ons huise vererger. Ons kinders gaan soms skool toe sonder om te bad,” het Ndlovu gesê.

Die Msunduzi-munisipaliteit het die afgelope paar maande waterbeperkings ingestel kragtens die opdrag van die departement van waterwese en sanitasie. Inwoners van Imbali kla egter dat hulle dae lank sonder water moet klaarkom hoewel ander gebiede in die munisipaliteit waterbeperkings het. Dit is die tweede betoging oor dienslewering in Pietermaritzburg vandeesmaand.

Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het aan Groundup gesê hy het niks gehoor van die skietery nie. Volgens hom is daar egter wel sake van openbare geweld aanhangig gemaak teen 25 lede van die gemeenskap.

Bron: Groundup

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

zahn ·

Op pad skool toe word hy raakgeskiet. Ma, wat maak jou kind daar, tussen die mense? Leer jy hom nie om weg te bly van sulke goed nie? Leer jy hom dan nie om, as hy sulke marakas sien, weg te loop daarvan nie? Leer jy hom nie om NIE deel te neem aan sulke goed nie? Leer jy hom nie van die gevare van sulke oproerigheid nie? Die kind is op pad skool toe, maar jy hoor daarvan toe jy by die wwerk was. Los jy jou kind aan sy eie genade oor as jy uit die huis uit gaan? Reël jy nie vir ouer toesig in jou afwesigheid nie? Dis nie luukses wat ek hier noem nie, dis jou pligte as ouer. Jy moet betaal, nie die staat nie, jy het jou kind gefaal, nie die staat nie. Jou opvoeding was, steek nou jou hand in eie boesem en leer jy nou sommer verantwoordelikheid aan. EN NOU KAN JULLE MY STENIG.

Kathy ·

Stem saam as sy ouers gesorg het dat hy by die skool is en nie tussen die skare nie – sy besering is nie die polisie se skuld nie maar sy ouers sin

Karma ·

@Zahn, jy’t jou feite bietjie verkeerd. Die kind was oppad TERUG van die skool af nadat skoolverrigtinge vir die dag stopgesit is omdat die onderwysers nie by die skool kon uitkom nie – en die kind het verswelg geraak deur die massas in die strate; heel onskuldig – hy het nie deelgeneem aan die optog/betoging nie. Daarom was sy Ma by die werk en het sy hom nie vergesel nie. Maar in elk geval, sterkte aan die ouers, met die bewyslas van dolus eventualis deur die Polisie. Onlusbevegting is ‘n plig van die polisie.

Scalla ·

Jammer, verkeerde tyd en verkeerde plek, voed jou kind reg op deur sulke ongelukke te vermy, die ma het op facebook gesien by die werk, seker deel van haar beroepsomskrywing

Denise ·

En wie gan betaal vir al die ander onskuldige mense wat elke dag vermoor word ? Wie gan hulle onkostes dra!!!!

Louise ·

Hi Zahn,
Al wat ek kan se oor jou kommentaar is “give that man a bells”

Riaan ·

Sal regtig waar wil weet hoelaat die gebeur het….sodat mens kan sirn was hy olpad skool toe…was hy kla laat vir skool…en dan of hy ooit beplan het om skool toe tegan

aitog ·

Inwoners muni kla dienslewering ni. Hul het gestem vi swak regeerders. Kids hoort ini skool.

lynette ·

Volg ens vorige berigte WS hy oppad huistoe omdat skool hulle huistoe gestuur het agv die oproer. In mynopinie is skool skuldig.

charlene ·

Kyk ek voel vir die arme kind MAAR ek het een vraag. Wat het hy tussen die betogers gesoek???

Sam ·

En SO word die land se ‘toekoms’ geleer betoog is die regte manier. WAT soek jou kind ANYWAYS daar? Slegte ouers, maak ‘n saak van verwaarloosing teenoor die ouers!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.