Seun tydens kleinhoewe-aanval geskiet

Argieffoto

ʼn Gesin van drie moes Saterdagaand in hul huis skuil nadat aanvallers hulle op ʼn kleinhoewe in die Muldersdrift-omgewing in Gauteng oorval het.

Sers. Tshepiso Mashele, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die gesin is omstreeks 22:00 deur twee verdagtes op ʼn kleinhoewe in Lammermoor aangeval.

“ʼn 58-jarige vrou was saam met haar man en seun toe hulle honde buite die huis hoor blaf het,” het Mashele gesê. “Hulle het na buite gegaan om ondersoek in te stel toe die vrou twee onbekende mans langs die sitkamer se deur opgemerk het.”

Die gesin het terug in die huis in gehardloop. Die verdagtes het op hulle geskiet en die seun is in sy hand geskiet en gewond. Hulle het vir veilligheidsdoeleindes in ʼn kamer gaan skuil.

“Oomblikke later het hulle besef die verdagtes het ʼn televisie en DVD-speler gesteel voor hulle op vlug geslaan het.”

Die seun is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. Die Muldersdrif-polisie ondersoek ʼn plaasaanvalsaak.

Genl.maj. Anna Mateise, bevelvoerder van die Wes-Rand-polisiegroepering, het ʼn streng waarskuwing aan misdadigers gerig “wat dink hulle kan die gemeenskap teister” en nie opgespoor word nie.

“Waar julle ook al is, ons kom vir julle. Toegewyde polisiebeamptes is aangestel om hierde saak te ondersoek. Ons doen ʼn beroep op die gemeenskap om met inligting na vore te kom wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan en tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei,” het Mateise gesê.

Enigiemand met inligting kan die Muldersdrift-polisie by 011 952 4600 of Crime Stop by 08600 10111 skakel. Alle inligting word vertroulik hanteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Oud boervrou ·

MENSE MOENIE UIT JULLE HUIS UIT GAAN NIE!! LEER ONS MENSE DAN NOOIT NIE?? AI TOG…M

jan_alleman ·

hehehehe ek gaan altyd buitentoe maar almal wat my ken weet die reels geld nie vir my nie , ek skiet pappie en ek skiet vinnig en raak

Mark Mac ·

“Waar julle ookal is, ons kom vir julle”
#Yaaawwnnn…….
Ek is bereid om geld te verwed (na n Liefdadigheids organisasie sou ek verloor) dat oor 2x weke is hierdie ondersoek dossier gesluit, todat nuwe informasie na vore kom. A jaar van nou af sal steeds geen verdagtes aangekeer wees vir hierdie Poging tot Moord saak nie.
Welkom in die nuwe suid afrika.

Arina Greeff ·

Hoe hartseer is die storie van hierdie land. Praat, praat en nogmaals praat. Mens noem dit gorrel. “Talk” het “cheap cheap” geraak. Diegene aan die stuur , hetsy polisie, onderwys, landbou, finansies, water, elektrisiteit -paaie, riolering, munisipaliteit, you name it, weet nie van beter nie, en wil ook nie. Al die pad afdraand totdat dit n vervalle land is. Bewys my verkeerd .

Arina Greeff ·

Hoe hartseer is die storie van hierdie land. Praat, praat en nogmaals praat. Mens noem dit gorrel. “Talk” het “cheap cheap” geraak. Diegene aan die stuur , hetsy polisie, onderwys, landbou, finansies, water, elektrisiteit -paaie, riolering, munisipaliteit, you name it, weet nie van beter nie, en wil ook nie. Al die pad afdraand totdat dit n vervalle land is. Bewys my verkeerd .

Buitestander ·

Medeburgers, kry spreiligte wat julle kan aanskakel maar moet nie buite toegaan nie. Kontak asb jul veiligheids netwerk om te kom help. Veiligheid netwerk kan uit eeige groep mense wat jou kan ondersteun ingeval van nood.

Chris Ws ·

NOG mense wat uit gaan om” ondersoek in te stel” !Heng mense in watter taal moet dit oorgedra word dat jy vir NIKS uitgaan buite toe nie???Alle waarskuwings val op dowe ore!

weeswys ·

Hoekom gaan ons mense in hierdie bose dae dan nog na buite wanneer die honde blaf? Dit gebeur telkens, en telkens word iemand deur boosdoeners beseer, want dit is presies wat boosaards wil hê. Wanneer honde aan die blaf gaan, is dit tyd vir binnebly, ligmaak, bure kontak, alarm maak…

Pop ·

Ek dink net sowat 20 mense lees Maroela. Want hoe weet hulle nog nie by diè tyd van ons gevaarlike land waarin ons leef nie. Hoeveel keer beveel mense op hierdie plarvorm ie aan dat mense nie snags buite toe moet gaan nie. Dis om van te skreeu.

pok ·

klink of jou wereld maar klein is pop. meeste mense lees baie wyd. ander soos jy. net op hulle fone. dít is om van te ween.

A Mac ·

Nogal amusant dat toegewyde polisiemanne aangestel gaan word om die saak te ondersoek nadat ‘n video van ‘n polisieman op Vaalwater nie eers iets so eenvoudigs soos ‘n saak in ‘n kantoor, agter ‘n toonbank, wou aanhoor nie, wereldwyd gedeel is. Die feit dat jy snags, en selfs bedags, op jou eie werf kan uitgaan nie is duidelik bewys van die misdadige, moordadige verval van die land.

Cherokee ·

Savage Kingdom. Dit is waarna Suid Afrika se naam moet verander. Savage Kingdom.

Johann Marx ·

Die informele nedersettings skiet soos paddastoele op in Muldersdrift en omgewing….Daar is nou in elke bos en onder elke boom ‘n skuiling gebou………..die diefstal is van die hoogste in Suid Afrika, die brandkrane vloei sonder ophou, die kragbokse word leeg gesuig, en die riviere en spruite is riool-slote……Ek dink Randburg Polisie stasie het minder as 8 voertuie. Privaat sekuriteits-instansies het nog 140 voertuie………en steeds maak hulle nie ‘n duik in die kriminele gedrag nie.

elize naude ·

ek kan dit my nie vootstel wat by julle aangaan nie…
as vrou is ek dikwels alleen oppad (kar, fiets, bike of te voet) ook in die nag en moes nog nooit bang wees nie…

Tiger ·

Elize,ek hoop jy kry nooit ‘n papwiel nie,want dan is jy oorlede!

HEVW ·

Baie ry vandag 4 – R500 000 se 4by 4 bakkies op teerpaaie en selfs bykomend n R700 000 luukse motor en sien nog nie kans om R15 000 te spandeer vir veiligheid nie. Het dit self waargeneem in n omgewing wat ek besoek het. Sal interessant wees wat is die % wat paraat is.

Liezl ·

HEVW, ek sê dieselfde ding. Magtig mense, arrogansie is die woord. Ons sekuriteit beloop al ver ver oor die R60,000.00. Ons vertrou nogsteeds op genade, maar ons het verstand gekry om onsself te beveilig so bes moontlik. Gaan jy jou kind of vrou laat siek bly en nie sorg dat hulle medikasie kry nie? Beveiliging kom op dieselfde neer. Sorg dat jy hulle beskerm deur diefwering, alarmstelsel, kameras.

Freud ·

Wanneer gaan mense leer om nie uitbte gaan nie??? Daar is niks buite die huis wat een van die lewens binne die huis werd is nie!!
As die honde blaf, maak jouself paraat binne jou huis en wag dan tot die gevaar binne kom en verdedig jouself met elke wapen tot jou beskikking in jou arsenaal!

elize naude ·

wapens bied geen sekerheid nie… soveel mense word met hul eie wapens vermoor… alleen vrede gee sekerheid…

Chrisjan ·

Elize Naude,ek weet nie waar u woon nie.Al wat ek wil se is ons bly nie in feetjie land nie.Ek wil graag sien hoe verhoed u 4 of 8 terroriste om u man of u gruwelik te martel voor hulle u met ‘n plastieksak oor u kop los om te versmoor.En u praat van vrede?Ek en my vrou se 357’s SAL vrede bewerkstellig sou ons binnenshuis aangeval word.Ons sal vir GEEN rede na buite gelok word nie.Ons het klomp spreiligte wat ons kan aanskakel om ons huis.Terloops ons is pensioenarisse en woon op ‘n plaas.Ons het ‘n hondjie wat in die huis slaap om ons wakker te maak as iemand wil inbreek.So dan is ons wakker EN gereed en wag ons die terroriste in in ons kamer.Hulle het geloop tot by ons maar sal agterna weg gedra word – leweloos.

PJC ·

Elize glo my wapens maak wel ń groot verskil as jy die rëels oor veiligheid nakom. Dit is die enigste manier om jouself teen ń oormag te verdedig. Geen wapen gaan jou egter help as jy nie veiligheids bewus is en ook weet hoe om dit te gebruik nie.

Liezl ·

Ek stem PJC. Dis nie die antwoord nie, maar ek kies eerder om een te hê as glad nie een te hê en dit wel nodig te kry nie. Mens kyk heel anders na n wapen as jy jou opleiding voltooi het.

Haan ·

Netso PJC
Wat my bekommer is die wanpersepsies wat sekere ‘opgevoede’ burgers oor wapens het.

Besef julle dat as elke aanval vir n maand lank suksesvol afgeweer word, die aanvalle sal stop??? Duidelik leef sekere mense nog luilekker hier in feetjieland

Dave Reyneke ·

Die gesindheid van ‘ Dit sal nie met my gebeur nie’ is wraggies kommerwekkend

Mags van Zyl ·

Elize Naude… ignorance is bliss… gaan dir gesegde. Duidelik bly jy nie in SA nie.. indien wel, is jy duidelik een van die liberale wat glo niks gaan met jou gebeur nie omdat jy saam met die brothers tee drink…

Eddie ·

Hi julle. Elize bly nie in Suid Afrika nie. Ek kan nie onthou in watter land sy is nie maar ek onthou sy het een tyd op maroela gese watter land sy bly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.