Kort nadat ʼn agtjarige seun Maandagaand uit die Umtamvuna-rivier buite Port Edward in KwaZulu-Natal gered is, het reddingsbeamptes ook sy ma se liggaam uit die water gehaal.
John Nicholas, die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se stasiebevelvoerder in Port Edward, het in ʼn verklaring gesê die voorval het omstreeks 21:00 gebeur.
“Die NSRI se Port Edward-bemanning en reddingswemmers is na die toneel ontbied om die polisie se soek-en-reddingspan te help soek na ʼn ma en haar seun wat vanaf die Umtamvuna-rivierbrug in die water beland het. Die omstandighede hoe die twee in die water beland het, is nog nie bekend nie,” het Nicholas gesê.
Die seun is vinnig uit die water gehaal en was gelukkig ongedeerd. Kort daarna is die vrou ook uit die water gehaal, maar daar was niks wat vir haar gedoen kon word nie en sy is op die toneel dood verklaar.
Volgens die NSRI doen die polisie ʼn geregtelike doodsondersoek.
21H00 DIS MOS IN DIE AAND???? WIE GAAN NABY SEE OF RIVIER IN DIE AAND??? OK VOORDAT DIE SLIMMES MY AANVAT – EK PRAAT NIE VAN VISSERMANNE EN DAAI NIE
Carol ek stem 100% saam. Common sense ontbreek mos!