ʼn Dertienjarige seun wat Maandag in Mayville in Durban na sy dood geval het, het glo ná ʼn stryery met sy ouers by die woonstelgebou “uitgeval”, sê die polisie.
Maroela Media het vroeër berig die kind se liggaam is in die tuin van die woonstelgebou met 12 verdiepings gevind.
Die seun het veelvuldige beserings opgedoen en sy toestand het ook aanhou versleg.
Ondanks kunsmatige asemhaling en ander lewensondersteunende ingryping om hom by te bring, is hy op die toneel dood verklaar.
Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, het gesê ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
5 Kommentare
Hartverskeurend en hoe gebeur so iets en dit na stryery met ouers…… Mag Jesus jou styf vashou seun
Dit klink nie goed nie.
Jammer, maar hy is 13, sou nie sommer net uit val nie. Iets is nie reg nie. RIV seun.
So gerieflik
Dit is baie hartseer. My hart gaan uit na die ouers.