Seun val talle verdiepings ver na sy dood

(Argieffoto: ER24)

ʼn Twaalfjarige seun is dood nadat hy Maandagoggend uit ʼn woonstelgebou met 12 verdiepings geval het.

Die voorval het in Peter Mokabaweg in Morningside gebeur.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici het die kind in die woonstelblok se tuin aangetref.

Hy is ondersoek en het veelvuldige beserings opgedoen. Sy toestand het ook aanhou versleg.

Ondanks kunsmatige asemhaling en ander lewensondersteunende ingryping om hom by te bring, is hy op die toneel dood verklaar, het Meiring gesê.

Maroela Media het ʼn navraag oor die voorval aan die polisie gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mariaan ·

N 12jare kind val nie net sommer 12 verdiepings af nie??? Ondersoek asb die saak…huishoudelike geweld is BAIE in ons land….

H ·

wie is jy ? was jy daar? huishoudelike geweld, ummm is jy by elke een of lees jy dit maar in die media….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.