Seun van Parktown Boys’ High verdwyn op graad 8-kamp

(Foto: Facebook)

ʼn Graad 8-leerder van die Parktown Boys’ High School in Johannesburg is spoorloos nadat hy tydens ʼn oriënteringskamp by ʼn lodge in Noordwes verdwyn het.

Die groep het Woensdag by die kamp aangekom.

Daar is Donderdagoggend agtergekom die seun word vermis, het Kim van Es, woordvoerder van die skool se beheerliggaam, kort gelede in ʼn verklaring gesê.

“Die kampbestuur het noodmaatreëls in werking gestel en word bygestaan deur lede van die plaaslike gemeenskap en die polisie.

“Die polisie se soek-en-reddingspan is op die toneel en fynkam reeds ʼn gedeelte van ʼn rivier waar ʼn wateraktiwiteit ná die groep se aankoms gehou is.

Die seun se ouers is ook op die kampterrein.

“Die soektog duur voort en ons gebede is by die familie in dié traumatiese tyd,” het Van Es gesê.

Die seun is as vermis by die Brits-polisie aangemeld en enigiemand met inligting word gevra om die ondersoekbeampte, konst. Netshiunda Assen, by 079 607 6844 of 012 252 8520 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Nico ·

Hopelik het hy net weggeloop en word lewend gevind. Sterkte aan die ouers.

Bella ·

EK GEE NIEMAND DIE SKULD! Vir my persoonlik is daar nie genoeg toesig en beheer op die kampe. Graad 8 wil ons graag aanvaar dat die kinders verantwoordelik en volwasse genoeg is om van oggend tot aand op hul eie reg te kom. Dit is ongelukkig nie die geval. Ek sou waardeer as daar net bietjie meer keer seker gemaak word almal is nog ok en daar. In graad 6 was my kind op netbal kamp een 00h00 die nag het die kinders my gebel vir hulp want die toesighouers was nerens te vinde

Annelize ·

Goeie genade Bella! Wat het jy toe gedoen? Ek weet as ek in jou skoene was, het die poppe behoorlik gedans.

Bella ·

Annalize die poppe het gedans maar soos te wagte kan wees het die meisies aan die kortste end getrek. Ek sien die kind is gevind – tragies. En dit bevestig net wat ek se. Die toesighouers is afwesig en of dit naiewiteit of nslatigheid is, bly hul dink kinders is veilig. Graad 8’s is almal die naweek op kamp en ek bid die toesighouers beskou die kind as n les vir almal. Mag ons kinders almal veilig huistoe kom!

$ ·

Dit is verskriklik! My hart gaan uit na die ouers en ander nabye familie en vriende. Mag hy spoedig gevind word.

CK ·

Mens kan jouself nie indink wat deur die ouers se gedagtes gaan nie. Alle sterkte aan hulle. Ek hoop werklik dat die seun net weg geloop het.

Pop ·

My kinders het nooit sulke kampe en dinge bygewoon nie. As hulle iets moes oorkom sou dit onder my waaksame oë moes wees. Veral as daar nog water ook in die prentjie is.

Theuns ·

Pop jy kan nie ‘n kind in watte toedraai nie. Hulle moet een of ander tyd leer om selfstandig te raak. Die ouers moet net hulle kinders en familie in hulle gebede opdra aan ons Vader.

Lizelda ·

Albei kinders het al die kampe bygewoon, dis deel van grootword en leer. Ons kan nie ons kinders teen alles beskerm en deur so te lewe, eintlik nie te lewe nie. Om invrees te leef “wat van” “wat as” maak n mens ook van binne dood.

Bella ·

Lizelda jy is reg. Ek probeer my kind alles toelaat vir die ondervinding die selfstandigheid. Maar op die einde van die dag is hulle op 13 net kinders en moet daar toesig wees. Kinders raak laf en uitbundig en onverantwoordelik in groepe. N volwassene is nodig vir die leiding. Wat nou gebeur het is nalatig onverantwoordelik en kon voorkom word.

Wors ·

Dis nie goeie nuus nie. Maar iets klink nie reg nie. Op kampe is daar tog onderwysers wat toesig hou. Hulle het, soos ek lees, na ankoms by ‘n revier pret gehad. Daar is eers die volgende oggend agtergekom dat hy nie daar is nie. het sy maats/ander kinders niks gesien of gehoor nie? Niks agtergekom met etenstyd die aand nie?

As die geval van “Daar’s teveel om op elke kind toesig te hou” ‘n verskoning is, is die skool nalatig. Maar ons kannie spekileer nie, ek hoop die kind word veillig gevind!!

Annelize ·

Iets maak beslis nie sin nie. Het nou na Jacaranda FM se nuus geluister en daar is bevestig dat die kind reeds Woensdag moes weggeraak het, maar dis eers Donderdagmore besef. Hoe het niemand niks agtergekom nie?

Marius ·

Wat het van die buddie sisteem geraak doen skole dit nie waar twee seuns mekaar moet oppas die hele tyd om alarm te maak as jy vriend nie daar is?

Linda ·

Ek stem saam met jou Marius. Dis amper ongelooflik dat niemand die seun gemis het nie. Baie hartseer.

Stoffie ·

Ek stem met Wors, hoe kom jy eers die volgende oggend agter’n kind is weg? Het sy maats dan nie alarm gemaak nie?
Ek bid en hoop dat hy gevind word, sy arme ouers….

Andries Visagie ·

Enigeen wat dink dit is moontlik om ‘n groep kinders 24h per dag dop te hou, het seker nog nooit met groepe kinders op kampe en uitstappies gewerk nie. As ‘n kind wil wegglip, dan sal hy ‘n plan maak.

Andries Visagie ·

Ek sien nou dit was tydens ‘n vlotvaart – sjoe, nee, dan moes die toesig beter gewees het.

Bella ·

Andries dan moet hul nie die groep kinders uitvat!! Met my kind se gesleggighede is daar tot 30 kinders teenwoordig en ek hou alleen toesig. Miskien was ek nog net gelukkig. Ek tel kinders. Ek maak n groep van al die ouers en stuur aanhoudend fotos van die kinders. As ek X sien en weet daar was n vriend saam vroeer vra ek waar is die vriend. Wat hier gebeur het is nalatig en niemand gaan verantwoordelikheid vat want niemand was daar!!!

piet ·

As die kinders in die rivier ‘n aktiwiteit gaan doen het is dit heel moontlik ‘n krokodil wat hom kon gevang het. Daar heelwat krokodille in die riviere daar.

Mel ·

Ja piet dis my gedagte ook, ek hoop di kind word ongedeerd gekry , sterkte aan sy ouers!

Denise ·

Kom ons hoop maar… hyt vanself weggeglip en word nog lewend gevind…!! En nie, dat daar enige nalatigheid óf vuilspel óf boelie’ry by betrokke was nie…

Aldi ·

Ai dis so hartseer. Ek dink aan die Seun se familie. Dit maak n mens bang my dogtertjie is 11 sy Gaan oor 3 maande op die Skool Kamp. Ek weet mens Moet een of Ander tyd toelaat dat mens se kind verantwoordelikheid neem maar iets maak Nie sin nie. Hulle Moes tog met aand ete gesien het die kind is nie daar Nie en slaap tyd

Anoniem ·

Ek lewer anoniem kommentaar want ek wil my kleinkinders beskerm. Die insidente wat op sogenaamde skoolkampe gebeur sal die ouers se hare laat rys. Daar is NIE toesig nie. Ek is gladnie verbaas dat n kind weggeraak het nie. Onderwysers beskou die week by die kampe as n baie lekker ruskans. Ek wens hulle wil hierdie kampe heeltemal afskaf.

Eljo Neethling ·

Dit is tragies wat gebeur het.Anoniem ek is al afgetree en glo my ek het seker 20 kampe gedoen Dit is nie n vakansie nieEk bly eerder by die skool en hou skool.Daardie vreugde vd kindersas hulle op toer is is so mooi.Ekt altyd die Here gedank as ons veilig terug is.

Martina ·

Dit is verskriklik!
Ons hoop hy word lewend gevind.
Daar is geen besonderhede of foto van die leerling nie, sou hy dalk weggeloop het, kan hy dalk herken word as iemand hom raaksien.

Sandra ·

Tragies, ek keur nie die toere goed nie, weet van n klomp kinders wat gery het om te gaan netbal speel het, die bussie was in n ongeluk, en kinders dood. Jou kind word skoolvakansies gebruik om naam te bou vir skool, en sy kom nooit weer terug nie. n Nee vir my.. Nie in vandag se lewe nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.