Seun vas ná ma se erge aanranding

Anthea van der Pluym Foto: Facebook

Anthea van der Pluym Foto: Facebook

‘n 20-jarige sal na verwagting volgende week in die landdroshof in Hermanus verskyn nadat hy glo sy ma aangerand het, het Rapport Sondag berig.

Anthea van der Pluym (46) se enigste seun Nicholas het haar glo in Julie by haar huis in Voëlklip in Hermanus aangeval.

Van der Pluym is 14 keer met ‘n hamer oor die kop geslaan, met ‘n elektriese koord verwurg voordat petrol oor haar uitgegooi en sy aan die brand gesteek is. Haar 74-jarige ma, Dot Potgieter, is ook met ‘n hamer oor die kop geslaan.

Nicholas, wat in Caledon aangehou word, staan tereg op twee aanklagte van poging tot moord. Hy moet Woensdag in die streekshof verskyn.

Volgens die berig het Nicholas ‘n jaar gelede van Engeland af teruggekeer na Suid-Afrika. Hy was 15 jaar oud toe hy en sy pa geëmigreer het. Hy het by sy ma en ouma ingetrek.

Hy het glo dwelmmiddels begin gebruik toe hy in Engeland was, maar sy ma het gesê sy het altyd net goeie dinge uit Engeland gehoor. Sy het nooit van die dwelmprobleem geweet nie. Dinge het egter ‘n jaar gelede begin skeefloop, het sy aan die koerant gesê. Nicholas het teruggekeer na Suid-Afrika toe sy dwelmprobleem handuit geruk het. Sy het gesê dinge het verander toe hy teruggekeer het. Van der Pluym het bygevoeg sy moes die aanval te wagte gewees het, maar geen ma glo dat haar kind haar sal skade aandoen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

SNEL ·

Is julle seker dis haar ( Anthea van den Pluym) se 74 jarige man; is dit nie haar ma nie; sy Ouma nie?
Dit is vreeslik. Sterkte vir die ma, en dis nog haar enigste kind. Baie hartseer, kan net vir julle bid.

Sune van Heerden ·

Dankie SNEL

Dit moet inderdaad “ma” wees, ons wysig die berig.

Baie dankie!
Groetnis
Maroela Media

Annetjie ·

Geen ouer verdien om deur ‘n kind aangerand te word nie, hetsy deur drank, dwelms of wat ook al, die seun is oud genoeg om verantwoording te doen vir sy dade, sterkte Anthea, ek bid vir julle herstel en vergifnis om te kan vergewe, ek hoop en bid julle sal kan versoen, dwelms is nie die hartseer werd nie @>–

ekke ·

Het sy Ma dit oorleef? Nee wat, vat die mannetjie en sluit hom toe en gooi die sleutel weg. Die naam kind nie werd! Mag hy bitter swaar kry! Jou Ma?! Hoe siek is dinge nie deesdae nie #Griekwastad!

Petrus Swanepoel ·

Dwelms is ‘n slegte ding, weet van ‘n geval waar ‘n seun soortgelyk ‘n dwelm probleem gehad het, die ouers het die kind bygestaan met hulp tot sy verslawing gestop het. Net om weer te begin dwelms gebruik, word deur sy ma uitgevang en die jong man slaan sy ma dood met ‘n krieket kolf in die kombuis en neem daarna sy eie lewe.

william ·

Die honde wat die dwelms voorsien moet uitgeroei word. . Hierdie regering is te sleg om iets te doen. Die land se grense staan oop vir moordenaars, dwelmhandelaars, verkragters en mafia base.

Elfie ·

Stem saam met William, die handelaars is die probleem. Hulle SORG ook dat daar afhanklikes is deur onskuldiges afhanklik te maak deur koeldrake ens te “spike” met die gemors, anders sal hul mos nie kliënte hê nie. En sê wat jul wil hier is die Nigerërs en sekere Oosterlinge voor in die koor. Dwelms maak ondiere van mense en hul tree soos waansinniges op as hulle nie geld kan kry vir hul dwelms nie. Hierdie is ‘n baie hartseer voorbeeld daarvan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.