Seun vas ná moord op ma

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Man is naby Butterworth in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo sy ma vermoor het.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê de 22-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op sy 67-jarige ma. Die man en sy niggie het glo in ʼn argument betrokke geraak waarna die ma tussenbeide probeer tree het.

Volgens Manatha het die man sy ma met ʼn bosmes aangeval. Sy is op die toneel dood verklaar. Die seun is kort die na die aanval in hegtenis geneem.

Die verdagte sal Woensdag in die Butterworth-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Manie ·

Dit is baie Tragies en onnodig. Mens weet nie wat die omstandighede was gedurende die voorval nie. Iets baie erg moes gebeur het om die hewige reaksie te ontketen!! Daar net te veel familie moorde sowel as Sosiale moorde, en dit word amper geregverdig deur te kyk na die Leierlose gemeenskap soos geskep deur ons Leiers .

Trippie ·

Die liefde is verlore! Konsentreer eerder daarop om by enigiemand liefde te soek as om uit frustrasie moord te pleeg.

Ancara ·

Ek hou van julle koerant op my foon en aangesien die Beeld moeilik is om in die hande te kry(ons bly in Amanzimtoti)lees ek julle berigte en weet wat aangaan in ons ou landjie.Se maar net.

Sune van Heerden ·

Dagsê Ancara

Dankie vir jou boodskap! Ons hoop jy kuier sommer nog baie lekker verder saam.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.