Seun vas ná moord op ouers

Argieffoto

Argieffoto

‘n 24-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op sy ma en stiefpa.

Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, sê polisiebeamptes van Petrusburg in die Vrystaat is Sondagaand na ‘n huis in die Bolokanang-woonbuurt ontbied. Kareli sê die polisie het die liggame van twee mense in ‘n plas bloed in die huis aangetref.

Kareli sê die verdagte het glo in ‘n argument met sy ma en stiefpa betrokke geraak. “Mense het gille vanuit die huis gehoor en die polisie ontbied.” Hy sê die ma en stiefpa is met ‘n byl doodgekap. Die oorledenes was tussen 45 en 50 jaar oud.

Kareli sê die verdagte is kort na die moorde in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jasper ·

Nou sal hy ook seker eers vir sielkundige waarneming gestuur word.

Maggie ·

Ai julle is darem spyt Oscar is nie summier gehang of tronk toe gestuur nie, julle vrot geurtjie kom sterk deur, o ja en julle is natuurlik baie slimmer as die regters of is hulle ook nou omgekoop. Ek hoop ek word nooit aan julle soort bloot gestel nie. Dit sal ‘n tragiese dag wees as ons deur onbevoegde veroordelende, self aanbiddende, mense geoordeel moet word.

Sollie ·

@Maggie – hoor, hoor! En glo my, meeste van die wat so oordeel noem hul self baie gou “Christene”!

AmY ·

My nig se kind het onder ‘n BAIE STRENG stiefpa grootgeword, en nie EEN MAAL aan moord gedink nie. Vandag is hy ‘n jong man wat sy plek in die samelewing volstaan, en hy het al oor en oor vir sy stiefpa dankie gesê daarvoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.