Seun vas oor ouers se moord

Herman Pienaar jr.

Herman Pienaar jr.

Herman Pienaar (35) en ʼn vriend is Saterdag in hegtenis geneem in verband met die moord op Pienaar se ouers.

Herman sr. en Christine Pienaar is Donderdagmiddag by hul huis in Valhalla in Centurion, Gauteng, doodgeskiet. Hulle huishulp het Vrydagoggend net na 07:00 op hul lyke afgekom.

“Pienaar is in Boksburg aangekeer,” het konst. Leon Meyer, die ondersoekbeampte, Saterdag aan Maroela Media bevestig. “Die polisie was op die uitkyk en het hom aangekeer.” Hy sê Pienaar en sy vriend staar albei twee aanklagte van moord in die gesig.

Hulle sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.

Maroela Media het Vrydag berig Pienaar is gewapen, na bewering bipolêr-depressief en word as onstabiel en gevaarlik beskou.

Lees ook:
Polisie op soek na vermoorde egpaar se seun

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Danielle ·

Ek lei af die vriend is net so sadisties. Mag hierdie twee moordenaars toegesluit word en die sleutel nooit weer gevind word nie.

Jou ouers vermoor ? NOOIT.

mandy ·

Ek is so bly die vent is gevind en gearresteer, so we’ll as sy vriend! Ek hoop regtig laat hulle n lewenslange vonnis sal kry, dis so jammer die doodstraf is nie meer in plek nie, want om so n wrede ding te doen moet hulle eintlik so veel pyn en leiding as straf kry! Dankie aan ons SAPS vir die goeie werk wat hulle lewer!

Annatjie ·

Ai! Wat is verkeer met die mensdom?. Dis tyd dat die doodstraf terugkom in hierdie land. Sluit hom toe en verloor die sleutel vir ewig.

Kobus Liebenberg ·

Die ouens gaan seker ook weer vir sielkundige waarneming gestuur word en dan klinies mal verklaar worD en omtrent geen tronkstraf kry nie. Dis wat nou deesdae in Suid-Afrika gebeur en dan word hulle weer vry gelaat in die samelewing. Hoe siek het die mensdom nie geword nie.

Josa vd Walt ·

Ek is is op soek na die persoon wat geantwoord het dat hulle ander seun Leon alreeds 2 jaar dood is. Ek probeer kontak kry met Herman se broer Jan. Kan hy my asb kontak om my email via maroela media

Charne du Preez ·

Wat ‘n reeks tragies gebeure met Herman en Christien.. eers Leon se selfmoord en nou die.. Ek het Jan Pienaar se selnommer vir u maar wil dit nie hier publiseer nie weens hul privaatheid. U kan my kontak by [email protected]

Josa vd Walt ·

Kan ek asseblief in aanraking kom met die persoon wat gese het Leon is 2 jaar gelede oorlede en dat Herman ‘n sagte ge-aardheid gehad het.

Maria ·

Soos ek kan aflei was daar seker dwelms betrokke dis al rede hoekom mens so iets sal doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.