Seun veg steeds om lewe ná Muldersdrift-roof

Argieffoto. (Foto: Miguel Roberts/The Brownsville Herald via AP)

ʼn 16-jarige seun van Muldersdrift in Gauteng veg steeds om sy lewe nadat hy Dinsdag in die vroeë oggendure saam met sy ouers in hulle huis op ʼn kleinhoewe in die omgewing aangeval en beroof is.

Die tiener is in die rug geskiet toe rowers omstreeks 03:30 die huis deur sy suster se kamervenster binnegesluip en die gesin oorrompel het. Die dogter het tydens die voorval by ʼn maat gekuier.

Samantha Barale, woordvoerder van die Muldersdrift-polisie se gemeenskapspolisiëringsforum, het gesê die seun is steeds in ʼn ernstige toestand in die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg.

Die koeël het na verneem word sy hart, longe, niere en milt beskadig. Hy het vandag boonop ʼn tweede operasie ondergaan om die skade te probeer herstel.

“Dit gaan beter met hom. Hy is nog steeds aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel, maar het vandag wakker geword. Die operasie vandag het ook goed afgeloop.

“Hy veg om sy lewe, maar hy veg hárd. Hy het almal se gebede baie nodig,” het Barale gesê.

Die seun se pa (46), is twee keer in die bors geskiet, maar is nie ernstig gewond nie.

Maroela Media het vroeër berig die seun se ma (45) is beseer toe een van die gesin se honde haar in die konsternasie per ongeluk gebyt het.

“Die gesin is diep getraumatiseer, maar ontvang ongelooflik baie ondersteuning,” het Barale gesê.

Die aanvallers is uiteindelik net weg met ʼn televisie en selfoon. Dit is nog onduidelik hoeveel aanvallers betrokke was.

Die gebied het die afgelope ruk klaarblyklik ʼn skielike styging in die getal misdaadvoorvalle beleef.

Insp. Rupert van Zyl, die ondersoekbeampte in die saak, het gesê niemand is nog in dié stadium in verband met die rooftog aangekeer nie.

Enigiemand met inligting daaroor kan die polisie by Stop Misdaad, 08600 101 111, bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

J ·

Maar 2 blankes word binne n dag vasgetrek vir “poging tot moord” maar dié, hier sal niemand ooit gevang word nie.

At ·

Regering-ondersteunde misdaad. Patetiese regstelsel dra by tot misdaadprobleem in SA.

leser ·

……”in verband met die rooftog aangekeer”….. dis nie ‘n rooftog nie, dit was beplande moord, roof was net 2de op die lys

Han ·

Baie sterkte aan die gesin dit moet vreeslik traumaties wees.

Elvira ·

Ramaposa gee in hemelsnaam net vir elkeen n stukkie grond. As hulle grond gekry het wonder ek wat volgende gaan wees wat geèis word. Eks sooooo siek en sat vir die misdaad in hierdie land.

Sylvia ·

Vir elke kind wat sterk moet n “ander kind: n beertjie kry. Tit for tat

Linda Merwe ·

Die seun is in die rug geskied. Dit skree ten hemele.

Johan ·

Die polisie sal seker nou n ‘saak van huisroof’ ondersoek…

sweis ·

Hoekom word daar verwys na aanvallers ,hierdie is terroriste en hulle terroriseer onskuldige mense want hulle weet sa het net piesang polisie en nie regte polisie nie.

Michael P ·

Solank Die Malemas en Andiles daar is Sal dit nie op hou nie. Onthou in die jare van die grens oorlog het die terroriste van uit die buite land regeer nou doen hulle dit hier van binne af. En die regeering keur dit goed. Niemand kan stry nie want kyk hoe gaan dit in hierdie land .Kyk net die geval met die twee wit boere.

VNbeeld ·

VN is soos ‘n ornament in jou huis, net goed om voor te kyk maar het geen ander doel nie…

Terreur ·

Terroriste wat mense in die rug skiet soos die lafhaards wat hulle is…

Krewel ·

Konsternasie? Ek weet darem nie of hierdie woordgebruik reg is in die lig van hierdie ernstige misdaad nie.

Gert ·

Krewel
Konsternasie is die regte woord. Ons is deur n soortgelyke geval en dit is presies wat dit is

Groen Ertjie ·

In vandag se tye behoort niemand deur n venster te sluip nie – die wat nog nie hulself behoorlik beveilig het nie behoort nou so te maak sou ek se

VanAfrika ·

Ertjie, hulle breek die diefwering dan af terwyl jy slaap, as jy sien is hulle op jou. Ons is glad nie meer veilig nie, dit maak nie saak wat jy doen om jou te beveilig nie. Ons is net “sitting ducks” want ons beurte kom nog en mag die Liewe Heer my help dat ek my familie kan beskerm wanneer dit nodig is.

George in Bloem. ·

Mense dit is lankal reeds ‘n lae intensiteit oorlog om mense van die grond af te kry onder die dekmantel van doodgewone misdaad.Dis natuurlik allesbehalwe.Afrika noord van ons wemel van voorbeelde en net die wat nie wil sien nie,sien dit nie. Bewapen jouself en leer jouself om jou wapen goed te gebruik en as hy,meestal hulle eintlik want lafhaards kom in groepe,jou in jou huis aanval,verdedig jy jouself met dodelike geweld en gee GEEN genade nie want wees maar verseker hulle gaan jou geen genade betoon nie.

Maggie ·

Baie sterkte aan hierdie gesin. Geloof, famile en vriende dra mens hierdeur!
Ons ken mense wat ook in die nag op hul beddens vol gate geskiet is. 2 jaar gelede (ook in Mulderdrift) en hul lewens is verwoes – niks is nog daaraan gedoen nie.
Hierdie is nie huisbraak nie, dit is blatante menseroof.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.