ʼn 13-jarige seun het Sondag in ʼn gruisgatdam in Benoni in Gauteng verdrink.
“Die polisie het paramedici ontbied,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die seun was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.”
ʼn Verbyganger het die seun se liggaam uit die dam gehaal.
Die polisie sal die saak ondersoek.