Seun verdrink in gat vol reënwater

(Foto: ER24)

’n Jong seun, vermoedelik tien jaar oud, het Sondag in ’n gat vol reënwater in Welkom verdrink.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê die seun en drie ander maats het in die water gaan swem en die seun het vermoedelik in die moeilikheid beland toe die water dieper was as wat hulle verwag het.

Een van die kinders het gehardloop om hulp te ontbied, maar die seun was egter reeds ’n geruime tyd onder die water by paramedici se aankoms omstreeks 12:50.

Reddingsduikers het die seun se liggaam uit die water gebring en hy is op die toneel dood verklaar.

Die toepaslike owerhede was vanmiddag op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Maggies ·

Dit is hartseer. Maar weereens jong kinders sonder toesig. Wanneer gaan ouers verantwoordelik optree?

Persheks Adri ·

Stem Maggies! Mense kyk nie meer na hulle kinders nie dis so onnodig en hartseer dat dit moet gebeur met ‘n kind

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.