Seun verdrink in kanaal

Argieffoto

ʼn Tienjarige seun het Dinsdag in ʼn kanaal in Addo in die Oos-Kaap verdrink.

Gemeenskapslede het skoolklere en ʼn -tas langs die kanaal opgemerk en die polisie in kennis gestel, het kapt. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Die polisie het onmiddellik ondersoek ingestel en die seun se liggaam is sowat 2 km van waar sy skoolklere gelê het in die kanaal gevind.”

Volgens Swart het die seun glo Maandagmiddag na skool in die kanaal gaan swem en nie teruggekeer huis toe nie. Die seun se ouers het hom egter glo eers Dinsdag as vermis by die polisie aangemeld waarna ʼn soektog van stapel gestuur is.

Die seun is as Amahle Majika geïdentifiseer. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Philip ·

Ai toggie. Baie tragies. Kinders moet geleer word om nie alleen aktiwiteite soos swem en bergklim aan te pak nie. Hoe kan ouers eers tot volgende dag wag om hom as vermis aan te gee maak ook nie sin nie.

Lizzy ·

Die berig maak nie sin nie. As hy nie Maandag na skool teruggekeer het huis toe nie kon hy nie Dinsdag al verdrink ket nie maar wel Maandag… Watse tipe ours rapporteer jou vermiste kind in ons land eers die volgende dag?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.