Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê ʼn groep seuns het glo in die rivier geswem toe die 12-jarige seun vermis geraak het.
Daar is vir sowat twee ure na die seun gesoek voor sy liggaam naby ʼn rivierbank gevind is. Hy is op die toneel dood verklaar.