Seun verdrink in strandmeer

Foto: SAPD

ʼn Sestienjarige seun het Maandag by Baggies-strand op Warner Beach naby Amanzimtoti, KwaZulu-Natal, verdrink.

Die seun het glo saam met ander kinders in die strandmeer visgevang toe twee van die kinders oor die strandmeer probeer swem het, het kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die een seun het egter in die moeilikheid beland en onder die water verdwyn. Polisieduikers en nooddienste is na die toneel ontbied.

Volgens Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, is hul paramedici omstreeks 15:00 na die toneel ontbied.

“Polisieduikers het die seun se liggaam uit die water gehaal en hy is op die toneel dood verklaar.”

Mbhele het gesê ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bertie ·

Ek verstaan nie hierdie tipe verdrinkings nie. Ek het deur my kinderjare in verskeie riviere, damme en op baie plekke in die see gaan “swem” en ook van 1975-1984 met permitte perlemoen gaan duik, soms in twintig of dertig voet water. Dis rondom tien meter. Dit was eers in 1979 dat ek myself regtig leer swem het. Raak die arme kinders wat dalk ook nie regtig kan swem nie, paniekbevange? Soveel verdrinkings vind plass en word min of meer eenders beskryf. Terloops, ek was vir elf jaar in twee skole met goeie swembaddens maar ons is nooit regtig geleer swem nie.

Ek weet ook nie hoe verdrinkings plaasvind nie, maar op watter stadium verdwyn mens net onder die water? Voordat ek duikgewigte self kon giet, het ek met groot moeite na onder gegaan. Dis werk om onder die oppervlak te verdwyn.

Is hier ‘n swemmer of lewensredder wat my kan inlig asb?

Kol ·

Bertie, vat iemand wat nie kan swem nie en sit hom in die diep kant van n swembad, hy sal spartel en sink. Tot en met 7 maande terug het ek amper elke naweek by Baggies strand geswem. Die vloei van die rivier verander die bodem daagliks, met n diep en dan vlak ens patroon. Dis hoogs moontlik vir iemand om daar te verdrink. Ironies, die lifesavers is omtrent 300m suid van die spesifieke rivier af.

Leon ·

Hoekom is kinders besig om vis te vang as die skole nognie gesluit is nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.