Seun verdrink in swembad

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Driejarige seuntjie het Dinsdagaand in ʼn swembad by ʼn huis in Vanderbijlpark verdrink.

Volgens Pieter Rossouw, ER24 se woordvoerder, is paramedici omstreeks 19:00 na die huis ontbied. “Die kind se ouers was reeds besig om noodbehandeling toe te pas,” het Rossouw gesê.

Paramedici het behandeling by die ouers oorgeneem. “Ons kon ongelukkig nie sy lewe red nie.”

Rossouw het ʼn beroep op die publiek gedoen om waaksaam te wees. “Ouers moet nie hul kinders sonder toesig laat swem nie. Bly ook uit die water as jy onder die invloed van alkohol is,” het hy gesê.

Hy het benadruk dat ’n heining om ʼn swembad noodsaaklik is aangesien “dit verhoed dat iemand per ongeluk in die water beland”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Francois le Cochon ·

Heinings heinings, karstoeltjies karstoeltjies, sitplekgordels sitplekgordels, alarm stelsels alarm stelsels……… Hoekom leer mense nie? Beperk jou lewens risikos deur slegs te “look and learn”

SNEL ·

Baie sterkte aan hierdie ouers in hierdie moeilike tyd.

Ja, is beslis so François, hoekom leer ons nie uit wat met ander gebeur en probeer voorkomings tref dat ons nie ook in daai slaggat trap nie. Hierdie is nie gemik op hierdie ouers nie, ek weet nie wat hier gebeur het nie, kindertjies is vinnig en ongelukke gebeur gou, maar vir die wat hier lees, is dit nie tyd dat ons na ons swembaddens kyk en wat die moontlik gevare is en dit dan illimineer sodat so iets nie met ons ook gebeur nie. Voorsorg is beter as om te sê…pleks het ek maar dit of dat gedoen, en koop n karstoeltjie en leer hulle van kleins af om daarin te sit, sodat hulle nie as jy hulle later daarin gesit word bloumoord skreeu nie. Kindertjies is tog ons kosbaarste besittings, laat ons as ouers alles op alle gebiede doen om hulle so veilig moontlik te hou.

Gesiggie ·

Tragies… n swembad is so n groot trek pleister vir enige kind”’ veral in die hitte” ouers kan nie sonder toesig enige kind wat nog so klein is by n swembad alleen toelaat.. n ongeluk kan so vinnig gebeur? jy kan jou rug vir een sekond draai… en als is verby. Aan die ouers van die seuntjie… kan net dink watse trama jul moes deurmaak… sterkte aan jul deur die moeilikke tyd.. aan ander ouers daar buite… leer uit hierdie voorval.. pas jul kinders op, hul is net aan jou geleen” tref voorsorg indien jy n swembad het of maak seker jul is ten alle tye teenwoordig..

Kwaaitjie ·

Dit is skrikwekkend hoe baie kinders verdrink. Ons weet nie wat gebeur het nie, maar voorsorg is altyd beter as nasorg. As een gesin hierdie raaklees en ‘n net op hul onveilige swembad sit, dan is die seuntjie se dood reeds nie in “vain” nie. Sterkte aan die gesin. Ouers, wees asseblief veilig en bedag rondom swembaddens, visdamme of enige ander water.

sarie van heerden ·

Kinder verdrinkings is nie altyd agv van nalatigheid deur die ouers. Vergeet van omheinings want ‘n hekkie mag oopgelaat word. SIT ‘N SWEMBADNET OP DIE SWEMBAD wat moontlik minder sal kos as omheining.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.