Seun verdrink ná rugbyoefening

Argieffoto: Unsplash

’n Kind het Dinsdagmiddag ná ’n rugbyoefening by die Kimberley Boys’ High School in die Noord-Kaap in ’n swembad op die skoolterrein verdrink. Die seun is nie ’n leerder aan die skool nie, maar wel familie van die skool se rugbyafrigter.

Die provinsiale departement van onderwys sê die voorval het net ná rugbyoefening plaasgevind toe leerders verby die skoolswembad gestap het om toerusting te gaan bêre wat hulle tydens die oefening gebruik het.

Die kinders het gespeel en aan mekaar gestamp. Twee van die kinders het in die swembad geval en een van hulle het toe verdrink. Dit is nie duidelik hoe oud dié seun is nie.

Paramedici is dadelik na die skool ontbied en die seun is met hul aankoms dood verklaar.

Die departement het sy skok en hartseer met die voorval uitgespreek en onderneem om berading te verskaf aan diegene wat deur die voorval geraak is.

Die skool kon nie Woensdag vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Elize ·

Hou die skool verandwoordelik vir die voorval. Die swembad moet veiligheids omheinings hê.

Swerwer ·

Die skool kan nie verantwoordelikheid neem vir kinders wat nie luister/ore het nie.
‘n Kind bly ‘n kind en vang simpel goed aan, hul dink nie.

Roek ·

Juis die rede waarom hul onder toesig moet wees te alle tye !!

Waarnemer ·

Tragies maar waar,is daar nie veiligheidsomheining of swembad seile oor die swembad getrek nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.