Seun verdrink in opgaardam in Vosloorus

'n Opgaardam in Vosloorus. Foto: Google Earth

‘n Opgaardam in Vosloorus. Foto: Google Earth

ʼn 12-jarige seun het in ʼn opgaardam in Vosloorus, oos van Johannesburg, verdrink.

“Die voorval het Saterdagmiddag plaasgevind,” het Mandlakazi Mpahlwa-Sigcawu, ʼn woordvoerder van die Ekurhuleni-munisipaliteit Dinsdag gesê.

“Drie jong seuns het onwettig toegang tot die perseel verkry deur die heining oop te maak. Een van die seuns het in die opgaardam, wat vol reënwater was, geklim en kon nie weer uitkom nie.”

Die polisie ondersoek die voorval.

Volgens Mpahlwa-Sigcawu is daar oor die afgelope tyd ʼn paar keer by die opgaardam ingebreek en meer as 15 staal-mangatdeksels is gesteel. “Betondeksels word nou gebruik om die staaldeksels te vervang.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.