Seun verdwyn spoorloos

Eugene 'Basie' Solomons

Eugene ‘Basie’ Solomons

Die Noord-Kaapse polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om hulle te help soek na ʼn 12-jarige seun wat verlede week spoorloos verdwyn het nadat hy saam met maats gespeel het.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, het gesê die seun, Eugene Solamons met die bynaam Basie, is verlede Maandag omstreeks 08:00 vir die laaste keer gesien.

“Hy het na bewering verdwyn nadat hy saam met sy maats in Vosburg gespeel het,” het Tawana gesê.

Basie was kaalvoet en het ʼn blou sweetpakbroek en groen T-hemp aangehad toe hy die laaste keer gesien is.

Mense met inligting oor waar hy hom mag bevind, word versoek om die Vosburg-polisiestasie by 053 6751 000 te bel, of kapt. Coetzer by 082 350 4066.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Christo ·

Mobiliseer asb die gemeenskap om te help soek asb. Daar is niks erger as om nie te weet waar jou kind is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.