Seun verloor drie vingers in fratsongeluk by atletiek

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn 10-jarige seun het Vrydagmiddag dele van drie vingers verloor nadat ʼn betonblad op sy hand geval het tydens ʼn atletiekbyeenkoms in Durban.

Luyanda Majija, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het by die Kings Park-stadion plaasgevind. Die seun het op ʼn meter lange betonmuur gespeel toe die fratsongeluk plaasgevind het.

“Die seun het op die muur geklim, en terwyl hy hom opgedruk het, het ʼn stuk van die muur afgebreek en op sy hand beland. Drie van sy vingers is gedeeltelik geamputeer.”

Paramedici van ER24 was op bystand by die stadion en kon hom vinnig bystaan. “Die seun was kalm en stabiel terwyl hy behandel is. Hy is na die Addington-hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.