Seun vermoor glo ma in hospitaalbed

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Oos-Londen is in hegtenis geneem nadat hy glo sy ma in haar hospitaalbed vermoor het.

Kapt. Mluleki Mbi, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 59-jarige vrou is verlede week in ʼn hospitaal opgeneem vir ʼn chroniese siekte. Die vrou se 27-jarige seun het haar Sondag omstreeks 12:00 in die hospitaal besoek.

“Die verpleegsters het glo kort daarna tydens etenstyd die vrou se lyk in haar bed gekry met steekwonde in haar keel en maag,” het Mbi gesê. “Die man is in een van die toilethokkies van die hospitaal gevind waar hy weggekruip het met ʼn mes in sy besit.”

Die man is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Oos-Londen-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Cheryl ·

Daar bestaan nie so iets soos genade dood nie… Hoe vermoor jy iemand vir wie jy lief is, dis wreed… en moord bly moord.
Mag hy kry wat hom toekom.

Hy gaan kry, maar dit kom hom nie toe nie - n Sel, met 100% medies, kos, was & stryk verniet, ontspanning, berading, vervoer, dwelms etc - alles van DKD :) ·

Hy gaan kry – maar dit kom hom nie toe nie – 100%bmedies, kos, verblyf, vervoer, ontspanning, berading alles! Gratis van die Dept Korrektiewe Dienste.

Theresa B ·

Nou wat het die man besiel….???? Dis erg genoeg dat jy orals onveilig is en niemand meer kan vertrou nie. Maar die ergste is seker as jy nie jou familie meer kan vertrou nie. Huh!!!

Gesiggie ·

Hoe in die Lewe kan jy so iets aan jou eie Ma doen? sy is siek in die Hospitaal en jy gaan en vermoor haar? ek wonder of hierdie seun nie dalk die oorsaak is van sy Ma se siekte? en dalk bang was sy praat… en toe besluit om haar dood te maak. Chroniese siekte ? Eh hoop jy word gestraf vir wat jy aan jou Ma gedoen het… Sieklik”

amelia ·

Goed, maar nou hoekom het hy weggekruip en nie in die eerste plek gevlug nie? Klink net nie reg nie.

Marietjie ·

Vreemd, vreemder, vreemdste. Dit is wat elke dag in die koerante aangaan. Ek is eerlik as ek sê dat ons in `n tyd lewe wat ek persoonlik heeltemal apaties is. Jou lewe is niks meer werd nie want daar is doodeenvoudig geen respek meer vir enige lewe nie. Die ergste van alles is dat die sotte vanaand in hulle beddens gaan klim en dit maar net nog `n dag se dinge vir hulle was, geen slapelose nagte of gewete nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.