Seun vermoor ma glo met byl

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

ʼn 28-jarige man het vroeër vandeesweek in die Maphumulo-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn nadat hy glo verlede week sy ma met ʼn byl dood gekap het.

Volgens kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, was die verdagte op die oggend van 22 April besig om die dak van hul familiehuis in Nsuze af te haal met die doel om die sinkplaat te verkoop. Toe sy ma hom daaroor aanspreek, het hulle glo begin stry.

Die seun het toe glo sy ma na haar slaapkamer gevolg met ʼn byl in sy hand. Hy het haar na bewering teen die agterkant van haar kop met die byl geslaan en van die toneel gevlug.

Sy ma het in haar slaapkamer aan haar beserings beswyk.

Die seun is kort daarna in die Appelsbosch-omgewing, waar hy weggekruip het, aangekeer. Hy is in hegtenis geneem en van moord aangekla.

Die verdagte sal na verwagting op 5 Mei in die Nsuze-landdroshof verskyn vir sy formele borgaansoek. Hy bly tot dan in polisieaanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Misky

Nyaope (dwelms) is n vieslike ding en mense verkoop die klere aan hul bas om net nog ‘n “fix” te kan kry

Tipper

in spanje het n seun sy ma met die byl vermoor, opgekap en ge eet,, hule vra nou 15jaar tronkstraf, dis maar al…. moeder moordenaars.

Genis

Dis wreed en onvesrkoonbaar… Die een die liefste, ooit vir jou sal wees, is jou Ma… Skokkend..

Charllas

Goeie genade!!! Hoe op dees aarde!!