Seun vind pa se lyk in motorhuis

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Bejaarde man van Welkom in die Vrystaat se liggaam is Vrydag in sy motorhuis ontdek nadat hy vermoedelik versmoor is.

Kapt. Steven Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê Johannes Marthinus Vos (73) se liggaam is by sy huis in Riebeeckstad ontdek nadat sy huishulp die oggend by die werk gekom en alles gesluit aangetref het. Die huishulp het Vos se seun gebel wat na die huis gekom en die motorhuisdeur oopgebreek het.

Vos is binne die motorhuis aangetref met sy hande en voete vasgebind en ʼn lap bo-oor sy gesig. “Daar was geen beserings aan sy liggaam nie wat die vermoede laat ontstaan dat hy versmoor is. ʼn Nadoodse ondersoek sal egter die presiese oorsaak van dood bepaal,” het Thakeng gesê.

Volgens Thakeng word slegs twee selfone vermis en was die res van die huis se inhoud steeds onaangeraak. Daar was ook geen duidelike tekens van inbraak nie. ʼn Saak van moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Skepties ·

Hoe het die seun geweet om heel eerste in die motor huis te kyk?

Pendoring ·

‘n Motorhuisdeur is gewoonlik die maklikste om oop te breek. Wil voorkom asof hy net gelukkig / ongelukkig was om sy vader daar aan te tref.

MK ·

Skepties, ek lees nie dat die seun direk (eerste) na die motorhuis gegaan het nie. Miskien het hy reeds toegang tot die huis verkry (spaar sleutel) en daarna motorhuis toe is. Ek vermoed ook dis ‘n inside job aangesien alles gesluit was en geen teken v inbraak duidelik is nie…. So sad! ‘n Lewe is niks meer werd nie.

Hannelie ·

Skepties. Ek lees nie in die berig dat die seun “heel eerste” die motorhuis oopgebreek het nie! Hy wou dalk sien of die pa se motor nog daar is!! Dit is wat ek sou gedoen het!!

Carol Vos ·

Julle feite is verkeerd! Deur gegee deur polisdie of te nie!

Daleen ·

Sjoe julle, dis erg!! Carol, ek glo jy is deel van die familie van hierdie oom. Ek het my pa Donderdag begrawe. Baie sterkte vir jou!!

Carol Vos ·

Ek is sy skoon dogter – die feite van die artikel is nie reg nie – as dit so deur polisie deurgegee is, is dit ‘n groot jammerte!

Sune van Heerden ·

Dagsê Carol,

Dis vir ons belangrik om die ware feite weer te gee. Ons innige simpatie met julle familie.

Ons moet ongelukkig staat maak op inligting wat ons van die polisie ontvang indien ons nie familie of huisvriende kan kontak nie. Kan ons julle dalk op ‘n manier kontak? Stuur gerus kontakbesonderhede na [email protected].

Baie dankie, baie sterkte
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Frans. Eloff ·

Ek sal se. Hang af fan hoe die huis gebou is. Of die suen eers duur die moter hius moes gaan om toegang te kry tot die huis

pop ·

Ons wonderlike nasietjie sal n bladsy met n swart kolletjie sien en dan daarop konsentreer. Intussen is daar n hele wit bladsy.Darem sleg dat julle altyd die slegste dink, en dit dadelik doen. Dis dadelik skepties en vermoedens ens ens!!!

AmY ·

Ek onthou 20/30 jaar gelede was ons grootste vreeslik om op ons ouers af te kom waar hulle dood lê na ñ hartaanval of beroerte . Nou is ons vrees om op hulle af te kom na hulle aangeval en vermoor is.

HEVW ·

Skepties ag blikskottels tog man.!! Hierdie sg. wyses wat gedurig so na n gebeurtenis met sensasie en agterdog spekuleer is regtig n pyn in die nek.

Oubaas ·

Die oom se gesig is toegemaak wat andui dat dit 1. Iemand is wat dei oom ken of 2. Een van ons eie nasie se mense was.

In gevalle soos die waar roof uit geskakel is as motief kan n mens nader na die mense in die oom se kringe begin kyk.

Asb ek wys nie vinger nie, het net nogals ondervinding met sake soos die het met dit gewerk.

jeanet tana botha ·

Ek kom die familie vriende en werkers net sterkte toewens – vir elke dag

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.