Seun vind vermiste meisie se geskende liggaam

Nomthandazo Talakase

Nomthandazo Talakase

ʼn Vierjarige meisie wat verlede week voor haar ouerhuis verdwyn het, se geskende liggaam is Maandag in ʼn veld buite Vryburg in Noordwes opgespoor.

Kol. Sabata Mokgwabone, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê ʼn jong seun het op die meisie, Nomthandazo Talakase, se liggaam afgekom toe hy in die omgewing van die Monotomosetlha-nedersetting in Huhudi gaan jag het.

“Hy het dadelik die gemeenskapsleiers in kennis gestel en hulle het die polisie ontbied,” het Mokgwabone gesê.

Die oorsaak van haar dood in nie bekend nie en sal deur ʼn geregtelike doodsondersoek bepaal word. Talakase se linkerhand word vermis.

Sy is op 11 September vir die laaste keer lewend gesien toe sy in die straat voor haar huis gespeel het.

Die Vryburg-polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Anoniem ·

Dis asof n moordenaar, verkragter of wat ookal wag om elke hoek en draai vir sy prooi…..Ai n mens huil saam elkeen wat n kind, ouer,suster/broer of enige ander familielid verloor op so n wrede onregverdige manier……..Wat gaan deur so n persoon se kop…….Wat gaan deur daardie persoon se kop terwyl die goed aan hulle gedoen word…..Die trane loop….sy was maar VIER……Sterkte aan elkeen hier wat vandag treur…….

Denise ·

Dit is wreed hoe kan jy n onskuldige kleuter so koelbloedig vermoor ek hoop hulle kry die een en sluit hom op vir altyd ek is siek van al die moorde dit is hartseer en tragies is n lewe dan nikswerd??? Ledigheid is duiwels!!!!

Santjie stoof ·

Wat n pragtige kind.
Wat n verskriklike daad.
Arme ouers…. kan nie eens dink hoe hul dit gaan verwerk nie. Ons bid vir hulle.

santie ·

Dit breek mens se hart om te dink ons land het so onveilig geraak dat ‘n onskuldige kind nie eens meer kan speel nie. Dat misdadigers meer regte het as die gewone ou. Hoeveel kindertjies nog? Hoeveel mense moet nog sterf voor daar drasties gekyk gaan word na die tipe straf wat moordenaars en verkragter kry. Die regstelsel van vandag is nie eens ‘n afskrikmiddel nie want dit raak net erger. Rus in vrede kleinding en mag jou moordenaar vinnig gevang word. Die hoort nie in ons samelewing nie. Mens is nerens meer veilig nie…..

Hannes ·

Verban toordokter (skuus – tradisionele geneeshere) en die tipe moorde sal ophou.
my mening.

Albert Marais ·

Ek hoop van die polisie en NVG kry hul huise in orde so gou as moonlik. Ons kan net nie so sit en toesien hoe al die moord en doodslag in ons land net verby gaan of dit niks ernstig is nie .
Sterkte aan die ouers Talakase

Tersia ·

As die moordenaar gevang word gee hom dadelik vir die familie en gemeenskap. Hulle sal sy gal werk.!!!!!

Eddie Liebenberg ·

Dink ‘n bietjie, kom ons sê net 0.01% van die beraamde populasie totaal in Suid-Afrika van 53 miljoen is reeksmoordenaars, nie te praat van mense wat dit net een of dalk twee keer moor nie, is daar dan 53 000 moordenaars op straat. Wie kan bietjie meer akkurate inligting verskaf?

KarooKlong ·

Eddie, ek het net Bybel en pouse op skool gehad maar ek dink tog jy skiet effens kort.

Raymond Bastone ·

Dit is barbaars dat sulke dinge gebeur. Bring die doodstraf terug. Ek bid die familie sterkte toe. Kan net dink AiAiAi

Sarah ·

Ek voel siek , siek tot in my binneste oor al hierdie moorde op die klein lyffie ..

Merri ·

Ai, so pragtige dogtertjie! Dit gaan my verstand te bowe dat enige persoon iemand met soveel wreedheid kan verniel en vermoor, veral ‘n weerlose kindjie. RIV kleintjie, God slaap nie!

M ·

My dogtertjie vra ander dag vir my wanneer sal sy alleen met haar fiets skool toe kan ry. My antwoord aan haar? Nooit! En dit terwyl ons as kinders kon fietsry en in die straat speel soveel soos ons wou.

MS ·

My dogtertjie vra ander dag vir my wanneer sal sy alleen met haar fiets skool toe kan ry. My antwoord aan haar? Nooit! En dit terwyl ons as kinders kon fietsry en in die straat speel soveel soos ons wou. Dis so so hartseer.

Andreas Meyer ·

Maklik: Waaneer ons ‘n Volksstaat het! Dan gaan daar weer gewone veiligheid wees, goeie bestuur, ekonomiese vooruitgang en gehaltedienste.

As my sê iets kon beteken ·

Vandat daar nie meer oordentlike staf soos bv lyfstraf,doodstaf in ons land toegepas word nie, word ALLE misdaad net erger. Hoekom ?? want daar is nie ORD in ons land nie

Helena ·

Bly in vryburg. Ek so bang om net weg te kyk van my kids af en laat hulle nie eers buite toe gaan sonder toesig nie. Dit maar n paar kilometer van my huis af gebeur. Is doodbang.

KarooKlong ·

Dan nog die aanval op Jacobsval ook.
Dit raak rof daar in Vryburg.

Edward ·

SIEK. WALGLIK. BARBAARS.

HOE VORSEER MENS ‘N REFERENDUM AF OM DIE DOODSTRAF TERUG TE BRING?

charlene ·

Hoe maak jy so `n fyn onskuldige gesiggie seer??? Daai dogtertjie was nog onslukdig en het duidelik nie die wreedheid van die wereld geken nie. Sy (en geen kind) het verdien om so weg geruk te word nie. Ons hoop die vark word baie gou gevang, maar as die mense van die gemeendskap hom 1ste kry en dit nou maar oops, ons weet wat gaan daar gebeur. DOODSTRAF!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.