Seun wat by oord vermis raak dood gevind

Bohlale Mokoena. Foto: Best Care-ambulansdienste

ʼn Sewejarige seun wat Saterdag by ʼn oord in Pretoria vermis geraak het, is Sondagoggend dood gevind.

Xander Loubser, woordvoerder van Best Care-ambulansdienste, het gesê Bohlale Mokoena het omstreeks 16:00 by die oord in die noorde van Pretoria vermis geraak. “Volgens die kind se ma het hy binne minute net verdwyn,” het Loubser gesê.

Die bestuur van die oord het ʼn soektog na die kind van stapel gestuur, maar sonder sukses. Volgens Loubser het Best Care-ambulansdienste en die Tshwane-nooddienste die soektog om 19:00 oorgeneem. Daar is in die oord na Bohlale gesoek, terwyl polisieduikers die swembaddens gefynkam het.

“Daar was verskeie faktore wat die soektog beïnvloed het, onder meer die watertemperatuur en die beskikbare lig nadat dit donker geword het.”

Bohlale se liggaam is Sondagoggend in een van die swembaddens gevind. “Ons is verlig dat Bohlale se liggaam gevind is, maar ons harte gaan uit aan sy familie met die tragiese verlies,” het Loubser gesê. Hy het al die betrokkenes bedank wat by die soektog betrokke was.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het gesê ‘n geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Veritas ·

Iets klink nie lekker nie. Die seun is teen 16h00 as vermis aangemeld. Teen daardie tyd is dit nog lig. Die eerste plek om ‘n vermiste kind te soek is in die swembaddens. Die polisieduikers het ook die swembaddens gefynkam en kon nie die lykie kry nie. ‘n Outopsie sal wel die oorsaak van dood bepaal. ‘n Kind van 7 behoort in elk geval nie sonder toesig gelaat te word nie. Was daar geen ander baaiers in die betrokke swembad tot 18h00 nie ?

MissDemeanor ·

Klink vir my ook vreemd. Die water was dalk troebel. Dis tragies

Kaspaas ·

Polusie duikers in die swebaddens? Hoe vuil is die water dan

susan ·

Presies… hoe vuil is die water…. swebbad by ñ oord se water Moët ten alle tye helder en skoon wees… en as jy na die fotos kyk is dit alles behalwe….

John Samuel ·

My Eerste vraag ook… polisie duikers in n swembad, goeie genade….. o_O

Jana Lee ·

Dis warm, dis ‘n vakansiedag, dis die swerms wat toesak.

Geliefd ·

‘n Pragtige jong seuntjie het sy lewe verloor en daar is familie en vriende wat vandag met daardie verlies moet leef.
Maroela Media hoe kan sulke onsensitiewe kommentaar geplaas word deur mense met geen begrip of gevoel vir ander se verlies. Hierdie mense is op alle vlakke intelektueel arm.

Jd ·

Geliefd watter komentaar ontstel jou so. Ek sien nie iets verkeerd in enige kommentaar nie. Almal voel jammer oor die verlies van so n jong lewe.

Ruby ·

Dit is baie tragies maar dalk kan ñ ander ouer ñ les hieruit leer.

karen ·

Geliefd waarvan praat jy ? na wie verwys jy as intelektueel arm ? sjoe is jy nie bietjie vermetel en parmantig opgeruk oor iets wat ander mense kan raak? En wat is so sensitief dat niemand daarvan mag praat? weet jy hoe seer maak dit party mense wan niemand van n geliefde se afsterwe praat? waar in watter koor was jyn met Oscar annie poppie en en en ?

Marié Spang ·

Geen Polisieduikers was op die toneel Saterdagaand nie. Polisieduikers is eers gebel Sondagoggend half 9. Waar iemand in water verdrink is daar protokol wat gevolg moet word en daarom is duikers uitgeroep. Die swembad waar die kind gevind was, melkerig van kleur ja maar dit was ook nie ‘n kinderswembad nie. Ek stem saam dat daar moet maksimum van mense toegelaat word en dan volgende voorstel is dat daar kameras opgesit word en laastens moet daar ook gekyk word na die instandhouding van die trampolien area. Dit is nie nodig vir lewensredders nie..”enter at own risk”. Privaat perseël alleenlik lewensredders by staat swembaddens. Innige simpatie aan die ouers maak nie saak kleur of ras nie!!!

Saam hartseer ·

Marie Spang: fotos was reeds 6:00 vanoggend op die media beskikbaar. Ons was ook gister daar. Almal het reeds begin soek voor donker. Daar is meer as een swembad. Daar was baie mense, maar almal het na almal se kinders gekyk. Dit was net ‘n tragiese ongeluk

Kwaaitjie ·

As die oord baie vol was is dit baie moontlik dat ‘n kind vinnig onder ‘n mamma se oog kan uit. Ek probeer altyd om my kinders in die oog te hou, maar met drie is dit soms moeilik. Dis geweldig tragies dat so iets moes gebeur.

Alida ·

Ek hoop nie eienaars van die oord is blankes nie want dan is dit weer hulle skuld.

Jone ·

As jy weet jou kinders kan nie swem nie, dan hou jy hul met valk oë dop of jy bly by jou huis. Baie weet hulle kan nie swem en dan gly hul steeds by die slides af. Dan moet die lewensredders hul gaan uithaal. Nee regtig. ….

Maggie ·

Wat Alida sê is n blote feit!! Niks met haar “ras issues” uit te waai nie.

annie ·

Ek werk by ‘n openbare vakansieoord en kan getuig hoe onmoontlik dit is om massas mense te hanteer wat geen omgee vir ons personeel of iemand anders het nie. Sommige het geen respek vir reëls nie en jy mag nie waag om iemand oor sy dronkenskap aan te spreek nie. Ons het al die hekke gesluit omdat ons nie plek het vir honderd mense nie, wat nog duisendplus, maar hulle steur hul nie daaraan nie en dreig ons met woede. En hoe ‘n silwerskoon swembad binne ‘n kort tydjie na ‘n modderpoel kan verander.
Mag daardie familie troos vind by ons Skepper en sy Genade ontvang.

Wil graag weet ·

Net so vragie, sover my kennis strek moet mens as jy lewensredder is gekwalifiseer wees. Nie self hart probleme, of middel afhanklikheid he, of been kwalifikasie as lewensredder nie. Ek voel bitter jammer vir kind sowel as vir ouers van kind. Maar hopelik sal hierdie wat nou gebeur het dalk oe oopmaak en kyk of mense wat daar werk, heeltemal instaat is om so groot oord reg te hanteer te alle tye. En daar sal ek definitief se kyk na jou lewensredders se kwalifikasies. Hoeveel KPR kennis het hulle? Is hulle in staat om dadelik nodige noodhulp toe te pas sou daar iets gebeur. Dink hulle vinnig en reageer vinnig in noodsituasie. Ek weet van persoon wat daar werk wat self gesondheids probleme het, nou my vraag is hoe vinnig gaan dinge kan gebeur as nood situasie opduik? Oord het nou wel gereageer en gese hulle is jammer, maar jammer maak nie iemand weer lewendig nie. Verder moet ek se I smell a rat by hierdie aangeleenrheid. Want het gou gehoor van glo dogtertjie wat ook glo amper ontvoer was. So hoe veilig is oord?

Leon Harrington ·

Why was police k-9 search and rescue not contacted.

Louis ·

Ons was al by Zambi Bush maar weier laaste paar maande om te gaan. Dis ‘n absolute vertrapping van mense, die geriewe ook meestal vuil, juis omdat honderde mense paar toilette moet gebruik.

Paar maande terug was daar persoon wat in hospitàal beland het agv een van die glybane.

Solank as wat die geld in rol en daar vrywarings borde by ingang is, hoekom sal die eienaars aandag gee aan verdere beserings/ lewens verliese!

Die plek het baie potensiaal maar al maande lank kla almal daar is te mense vir die perseel! Hul sal moet begin werk op net besprekings en minder mense toelaat. Mense stamp en stoot mekaar, daar was altyd verbal kinders wat seer gekry het!

Laurika ·

Ek gee nie om wat ander se opinie van my kommentaar is nie, maar ek voel dat maak nie saak waar jy is nie, ‘n OUER aan die einde van die dag vir sy kind verantwoordelik is, nie ‘n oord of die oord se werkers nie. Ongelukke gebeur en kinders raak vermis en al daai dinge, maar ek voel dit is uiters onregverdig om die oord te wil blameer. As jy tuis is en ‘n swembad het, gaan jy sorg dat jou kind veilig is. So as jy by ‘n oord is, en daar is swembaddens, hoekom sal dit enigsins anders wees?

Lessie ·

Ouers moet na hulle kinders begin kyk. Nee maar hulle braai en drink en gaan tekere en vergeet heeltemal van boetie wat tien teen een nie kan swem nie, en ek skeer nou alle ouerns onder dieselfde kam. Wit en swart en pienk en groen .. kyk na julle kinders, die lewensredders en ander mense is nie daar om na jou kind om te sien nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.