Seun wat deur baksteen getref is gaan uit koma wakker gemaak word

Caden Slabbert voor die voorval. Foto: Facebook

Caden Slabbert voor die voorval. Foto: Facebook

Caden Slabbert, die 8-jarige seun wat met ʼn baksteen teen sy kop getref is terwyl hy saam met sy pa en suster in die suide van Johannesburg in ʼn motor gery het, gaan na verwagting Woensdag uit sy geïnduseerde koma wakker gemaak word.

Die seun is die slagoffer van ʼn reeks van vier voorvalle wat verlede Donderdag aangemeld is waarby vermoedelik dieselfde verdagte bakstene na verbygaande voertuie op die N12 naby The Glen-winkelsentrum geslinger het.

Marionette Schwab (42) was die tweede slagoffer wat onder soortgelyke omstandighede ernstig beseer is. Sy is tans nog in ’n geïnduseerde koma.

Gordon Cooper, Caden se stiefpa, het Dinsdag gesê daar lê nog ʼn lang pad van herstel vir die seun voor, maar dat sy tekens goed lyk. Caden se suster, Eden (11), is ongedeerd.

Justin Slabbert, Caden se biologiese pa, het die motor tydens die voorval bestuur en het ʼn klag by die polisie aanhangig gemaak. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Netwerk24

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

anet ·

Dit is baie goeie nuus om te hoor dat dit beter gaan met Caden. Sterkte aan die familie en ons Bid dat Caden spoedig sal herstel

SNEL ·

Dis vreeslik wat hier gebeur het, ons is nêrens meer veilig nie, maar baie bly die knapie lewe. Hoop hy is gou weer 100%. Sterkte aan sy ouers.

pop ·

Nuusleser se gisteraand mense moet op die uitkyk wees hiervoor as hulle onder deur brug ry. Ekskuus my!!!en hoe doen mens dit. Dalk briek aanslaan, of uitswaai, of nee wag dalk kan jy net daar omdraai. never mind die honderde ander voertuie agter en voor jou. Nerens is mens veilig nie. nie op die pad, in winkelsentrum, of selfs binne jou eie huis nie. Die regering is pateties.

CHRISTA ·

Pop, ANC staan vir ANARCHY, NEPOTISM & CRIME!! Dit spreek mos boekdele!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.