Seun wat glo ma vermoor kry borgtog

Hope Zinde saam met haar seun Mark. Foto: Facebook

Hope Zinde saam met haar seun Mark. Foto: Facebook

Mark Zinde (24) wat verdink word van die moord op sy ma, die voormalige TV-aanbieder Hope Zinde (50), is Dinsdag in die Brits-landdroshof op borgtog vrygelaat.

“Daar is geen bewys dat die beskuldigde die veiligheid van die publiek of enige ander persoon sal bedreig indien hy op borgtog vrygelaat word nie. Borgtog word vasgestel op R10 000,” het landdros Moses Moswanganyi gelas.

Zinde moet as deel van sy borgtogvoorwaardes elke dag by die De Deur-polisiestasie aanmeld en sy paspoort aan die ondersoekbeampte oorhandig. Francois Joubert, Zinde se regsverteenwoordiger, het aangevoer sy kliënt moet op borgtog vrygelaat word sodat die dienste van ʼn onafhanklike psigiater bekom kan word om vir sy verhoor voor te berei.

Die verdediging betwis die psigiatriese verslag wat deur die Weskoppies- psigiatriese hospitaal opgestel is en bevind het dat Zinde verhoor kan word. Zinde moet weer op 22 November in die hof verskyn. Zinde sal by sy pa woon vir die duur van die verhoor.

Hy word daarvan beskuldig dat hy sy ma, ʼn voormalige joernalis, televisie-nuusaanbieder en direksielid van die SAUK, in hul huis op die Pecanwood-landgoed, naby Hartbeespoortdam in Noordwes, vermoor en haar liggaam in haar motor se kattebak versteek het. Kristalmetamfetamien ter waarde van R350 is ten tyde van sy inhegtenisneming in sy besit gevind. Hope se liggaam is op 11 Junie in die kattebak gevind. Sy is glo ʼn paar dae tevore vermoor.

Lees alle vorige berigte oor Hope Zinde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

KarooKlong ·

Ek wonder waaraan het MM gedink voordat hy sy besluit gelas het.

Berhalet ·

Eerste stop oppad huistoe… Meth handelaar! Waar was jou gedagtes toe jy borg toegestaan het meneer die landdros?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.