Seun word steeds vermis ná hy in see verdwyn

Foto: walkthecapeblogspot.com

Foto: walkthecapeblogspot.com

Die agtjarige seun wat Vrydag by Schulphoek in Hermanus in die see verdwyn het, word steeds vermis.

Kapt. Frederick van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het Maandag gesê die seetoestande is nie geskik vir polisieduikers om verder te soek nie. “Die duikers patrolleer en deursoek die strande in die omgewing. Die seun se liggaam is nog nie gevind nie,” het Van Wyk gesê.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het Vrydag gesê die seun het omstreeks 13:00 saam met maatjies in ʼn getypoel gespeel terwyl die gety ingekom het. Die golwe het hom uit die getypoel gespoel.

ʼn Soektog is van stapel gestuur, maar is deur rowwe seetoestande verhinder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.