Seun(16) sterk aan in hospitaal ná rooftog

Foto aan Maroela Media verskaf

Foto aan Maroela Media verskaf

Charl Jan Bosch, die 16-jarige seun wat gister raakgeskiet is toe aanvallers op die bakkie waarin hy gery het skote afgevuur het, is steeds in die hospitaal.

Hanna Bosch, Charl se sussie, het aan Maroela Media gesê dat hy darem wakker is en met hulle gesels.
“Hy wil regtig net huis toe gaan,” het Hanna gesê. Volgens haar is hy tans in vir X-strale sodat die dokters kan bepaal of dit beter sal wees om die koeël in sy knie te laat of dit eerder te verwyder.
Hy is in die Steve Biko-hospitaal in Pretoria.

Jan Bosch, Charl se pa, het vertel dat hy, Charl, Hanna, sy vrou, en die kinders se ouma in die bakkie was toe hulle aangeval is. “Ons het gaan geld trek by Absa in Pretoria-Noord en toe daarna huis toe gery na ons plot op Grootvlei,” het Jan vertel. “Ons het ʼn groot hoeveelheid geld by ons gehad. Ek weet mense sê dis onverantwoordelik, maar dit is die aard van ons besigheid en mense roof ander vir R50,” het Jan gesê.

Hulle het die Volkswagen agter hulle gewaar net toe hulle by die hek van die kleinhoewe by Grootvlei inry.

“Ek is onseker of dit ʼn Polo of ʼn Golf is. Dit het gelyk soos ʼn nuwe Polo. Die aanvallers het toe handwapens uitgeruk en op ons losgebrand. Ek het dadelik vinniger begin ry en toeter begin druk. Daar is drie huise op die plot en daar is gelukkig ʼn grondpad wat ek altyd skoonhou. Ek het twee maal om die huis gejaag terwyl hul heeltyd op ons skiet. Met die tweede ronde het my seun wat in ons huis was uitgekom toe hy die geraas hoor. Ek weet nie of dit die feit is dat hy uitgekom het of die feit dat hulle magasyne dalk leeg geskiet was nie, maar toe vlug hulle”.

Die bakkie is agt keer raakgeskiet. “Net Charl is getref, ek is so rakelings op my enkel getref, maar dit is nie ernstig nie,” het Jan gesê. Die aanvallers het sonder enige buit gevlug.
“As ek daar in ons motorhuis ingetrek het, het hulle ons almal net daar doodgeskiet.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

weet nie meer ·

Baie jammer vir die trauma wat julle moes deurgaan en hoop u seun sterk gou aan. Mense ek weet nie meer nie…. wat doen mens as jy nie veilig voel in jou eie land nie, as jy nie eers veilig is in jou eie huis nie????? wat word van die land, die mensdom? dis asof mens sit en wag en jy kan volgende wees. wanneer kom hulle vir jou? dis erg om so te lewe, dag in dag uit, als in die pers is nagatief, moord en dood, wreedheid,haat. Ek weet nie meer nie.

Aster ·

Ek stem saam met jou weet nie meer nie. Ek kan nie vir julle bespryf hoe ek voel elke keer as ek hierdie berigte lees nie. Dis so skokkend en hartseer om te sien hoe ons geboorteland tot ‘n val gekom het en hoe alles agteruit gegaan het. Ek voel glad nie veilig nie en dis waar soos jy sê dit voel asof jy die volgende een is. Dis tyd mense!

Ronel ·

En ons moet ons vuurwapens inhandig? Hulle kan loop speel op die N1. My vuurwapen is veilig waar hy is. Ek weet hoe om hom te gebruik en is glad nie onverantwoordelik met die ding nie.

weet nie meer ·

@ karma – ek sal met liefde emigreer as ek kan!! ek sal egter eers die lotto moet wen voor ek dit sal kan oorweeg.

Jakoba ·

Karma jy kan nie net immigreer na ‘n land toe soos jy wil nie. Jy moet in die eerste plek ‘n sekere bedrag geld he en dit bewys aan daardie land dat jy jouself kan onderhou en dat jy ‘n werk het of ‘n positiewe bydrae tot daardie land kan maak. Dit is nie so maklik om in te kom by lande oorsee nie, maw jy moet ‘n miljoener wees

Ditsem Ronel!! Jy kon dit nie beter stel nie! Ek ondersteun jou 100%! Dis al wat help! Dankie tog dat die man kopgehou het!! Maar: Waarom het hy nie 'n wapen by hom gehad nie?? ·

Ditsem Ronel! Stem 100% met jou saam!!! Dis al wat ons kan doen!! Ek wil weet waarom hierdie man nie ‘n wapen by hom gehad het nie?? As hy weet hy gaan baie geld trek en boonop op ‘n plot bly, kan ek regtig nie verstaan waarom hy geen wapen by hom het nie!

Dis die probleem met die boere – dis tragies om te hoor hoe min van hulle wapens gebruik in hierdie aanvalle! As jy gaan slaap, moet jy liewer probeer om jou wapen by jou te he – onder jou kussing indien moontlik.

Jakoba ·

Lyk vir my of hulle mense by die banke het wat spioneer op mense wat geld trek binne die bank en buite by die kitsbanke d. Sodra hulle iemand sien geld trek wat na ‘n groot bedrag lyk dan word die persoon ingelug wat wag vir die informant om die inligting deur te gee so volg hulle jou en beroof jou, tyd dat daar ondersoek ingestel word na sulke bedrywighede. Hoe anders weet hulle jy het geld getrek en hoeveel.

Alida ·

Inligting van binne die bank. Jy kan nie R80 000,00 by die ATM trek nie.

Antonio Sonelli ·

Baie dankbaar julle is bykans ongeskonde maar laat dit nou n les wees vir elke persoon wat hier lees. Begin paraat raak mense, begin bewus raak van wat om jou aangaan, bewapen jouself en leer om jou wapen te gebruik.

J ·

Absa moet n polygraaf doen op die teller dit is hy/sy wat die rowers laat weet het

cor ·

En wat se hulle misdaat statistieke wat vandag vrygestel is . Wat gaan hulle daaraan doen , kom ek se julle sweet blue all . As hulle more nuwe inligting deur gee sal mens sien dit het met 1000% gestyg die afgelope twee maande

Andrea ·

Kan ons nie n tuisland begin erens teen die weskus nie? Eks bereid om daar voir te gaan begin. Ons bou n.muur op die platorand en patrolleer hom 24 uur. Ons het dan hawe, vis, ryk graan en tee en skaap en bees wereld. Hoekom is daar niemand wat so n groot trek kan organiseer nie? Ons volk is dinamies, ons sal een twee drie skole, universiteite, besighede, hospitale, ens hê.

Alida ·

Hulle hoef nie n poligraaf te doen nie. Check net die kassiere se selfoonrekords vir die betrokke dag. Almal sn. Natuurlike kom die inligting van die kassier af. Die tydsberekening was 100% reg. Eintlik moet kassiere hul selfone in die kluis toesluit voor hul begin werk. Hierdie is nie die 1ste keer nie en ook nie die laaste een nie.

helena ·

ja mens kan soveel dinge dink en se maar ek voel net God was saam hul in daai bakkie en solank ons geloof sterk is in ons hemelse Vader kan hul als tray hul sal nie slaag nie en ek se vdag net dankie my Hemelse Vader dat my kinders en almal saam hul veilig was in U hande maar ja dit was n wakeup call vir almal weereens ons mense moet wakker word en sien wat om ons besig is om te gebeur en ons moet begin saam staan mense

helena ·

ja ons kan se en dink wat ons wil maar ek se God was daar saam hul in bakkie en het almal veilig gehou en as ons geloof reg is en ons in ons hemelse Vader glo kan hul ma maak wat hul wil maar dit was n wakeup call weereens vir ons mense om wakker te skrik en te begin besef wat om ons besig is om te gebeur en ons moet begin nader aan ons God leef mense

Poppie ·

Dieselfde het by ons gebeur, mense het uit die bank gekom en n bakkie vol rowers het hulle agterna gesit, Hulle het op die mense begin skiet, die mense in die kar het n vriend gebel om hulle te kom help en hy is agter hulle aan, ons buurtwag het SAP gekontak, daar was nie hulp nie, hulle het toe op die vriend agter hulle losgebrand, hy was in n toestand vir weke. Mense met die kontant kon darem wegkom. Ek glo inligting oor mense wat baie geld trek word deur kassiere in banke deur gegee na die skelms.

Chris Ws ·

Rowers hou mense met besighede fyn dop vir weke en kom so hul roetine agter betreffende die uitbetaling van werkers se lone.Ook kan daar ‘n werker wees wat sy comrades inlig wanneer hulle gaan betaal word.Dat mense wat salarisse vir werkers gaan trek by ‘n bank nie ‘n wapen aan hom/haar te dra nie gaan my verstand te bowe.
Ek is baie bly dat die man kop gehou het en net bly jaag het om die huis.Hy het beslis die rowers hierdeur ore aangesit.Hoop net hy het iets gelleer uit die nagmerrie ondervinding.

Cele ·

Aan die wat se: as ons kan bekostig om te emigreer. Jy kan glo my. Ons het alles verkoop, ons meubels ons karre letterlik alles, het met R100 000 oorgekom op visitor visa v 3 maande NZ toe, interviews opgeline vanuit SA, my man het eerste oorgekom, binne 3 weke job offer gekry, toe bedank ek en kom ook oor, ons het v voor af begin, glo my dis die moeite werd, as jy omgee vir jou kids, sal jy alles doen om hul te beskerm, die lewe bestaan uit keuses uit. Gaan join die fb page South Africans Living/Want to live in New Zealand. Dis die veiligste land in die wereld bo Antarktika lol

Andri ·

Klip in die bos. Wie het geweet van die kontant in die voertuig? Die Teller by Absa? Die “insider” wat rondstaan in Absa en sy tjommies per sms laat weet? Iemand het geweet van die geld? Wie? Meneer – probeer om vir elke werker n rekening te open. Bietjie veiliger. Sterkte seun!

lisaan ·

Op elke gebeurtenis, gelykstaande aan soortegelyke voorval, is dit genoem dat almal aan hul werknemers per “internet bank” vergoed moet word. Dit kan n Poskantoor of enige bank-rekening wees, maar weier om kontant aan werkers te betaal. Dit dit te doen, spaar jy jou en jou gesin se lewe.

Francis ·

Almal vra hoekom hy nie ‘n wapen gehad het nie. Wat doen jy met jou wapen as jy by die bank moet ingaan? Jy mag nie wapens daarin neem nie. Los jy jou skietding onder die kar sitplek?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.