Seuns geskors ná ‘verkragting’ by skool

Argieffoto

Die twee skoolseuns wat Woensdag in hegtenis geneem is nadat hulle na bewering ’n 13-jarige meisie naby haar skool in Reiger Park in Boksburg aan die Oos-Rand verkrag het, is in die sorg van hulle ouers vrygelaat.

Die Gautengse departement van onderwys het in ’n mediaverklaring bevestig dat die twee seuns uit die skool geskors is terwyl hulle op hul dissiplinêre verhoor wag. Die departement sê ʼn span van die departement se psigososiale eenheid is na die skool ontplooi om berading aan leerders te bied en dat hulle die situasie noukeurig monitor.

Maroela Media het vroeër berig ʼn leerder van dieselfde skool is na bewering op 28 Februarie in bosse naby die skoolterrein verkrag. Konst. Jan Mokwana, woordvoerder van die polisie, het gesê die meisie was dié dag een van ’n groep leerders wat laat was vir skool. Die meisie het probeer om oor ’n heining aan die agterkant van die skool te klim waarna die twee seuns van onderskeidelik 16 en 17 jaar oud haar na bewering gegryp en na nabygeleë bosse gesleep het.

Dit word beweer dat een van die leerders glo ʼn video van die voorval gemaak het, maar volgens die departement is die video sedertdien uitgevee.

Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, het sy skok oor die voorval uitgespreek. “Dit is skokkend om van insidente van seksuele aanranding onder leerders in ons omgewing te hoor. Dit is uiters kommerwekkend,” het Lesufi gesê.

Volgens die departement het die voorval nou eers aan die lig gekom aangesien die vermeende slagoffer en haar ma eers gister omstreeks 10:00 die voorval by die Reiger Park-polisiestasie aangemeld het. Die meisie was glo aanvanklik te bang om haar ouers van die voorval te vertel. Sy kry tans die nodige mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anoniem ·

Dis jammer die slagoffer het so lank geneem om na vore te kom. Wat is die kans om so lank na die tyd DNA bewyse te kry wat die skuld van die oortreders 100% sal bewys?

Ansa ·

In haar geval moet daar dns bewyse wees, haar woord alleen is nie genoeg nie (ek spekuleer), maar in die Coligny voorval was die woord van een ou genoeg…

Koos de Meyer. ·

Toe ‘n sekere regter gesê het dis in die kultuur van sekere mense was die duiwel los. Van hoeveel verkragtings het ons nie onlangs in die media gehoor en gelees nie. Maar as iets gesê word is dit mos rassisme.

Jacques ·

Dit is skokkend om van sulke tipe voorvalle te lees , maar wat verwag hulle as daar kondome op skool uit gedeel word ? Die tipe gedrag word dan aan gemoeddig van skool vlak af , nou wat nou ?

GM ·

In die sorg van hul ouers vrygelaat – dit is te lekker nè? Wat help dit hul word net geskors? Nou het hul baie tyd op hul hande om nog meisies te gaan verkrag. En volgende moor hulle en dan is hulle onderskeie families tog so geskok oor dié kind van hul wat nooit ‘n vlieg sou skade aandoen nie.
Sterkte aan die meisie.
Dit maak my briesend dat mens nêrens meer veilig is nie, maar laat ek nou nie begin vingers wys oor die redes daarvoor nie.

lanie ·

Nou word hulle geskors. Doen aan hulle wat hulle aan die dogter gedoen het.

Mariana ·

Wat ‘n siek samelewing. Daai twee seuns gaan dit heel waarskynlik weer doen en hul ouers het geen beheer oor enigiets wat hulle aanvang nie. Jammer dat dogter nou die gevolge moet dra van die twee se dade. Ek vra elke dag waarheen is ons kinders oppad in ‘n wêreld soos die, waar so baie kriminele dade deel geword het van die allerdaagse lewe. Hoe gaan dit oor 5 jaar lyk in SA, want nou lyk enige toekoms maar redelik onseker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.