Seuns in hof oor vermeende satanistiese moorde

Argieffoto

Argieffoto

Twee tienerseuns wat vermoedelik twee skoolmeisies tydens ʼn beweerde satanistiese ritueel vermoor het, het Vrydag in die Protea-landdroshof verskyn.

“Die saak is tot 17 April uitgestel vir die uitslag van dwelmtoetse wat hulle ondergaan het,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die hof het ʼn voorlopige ondersoek gehou kragtens die Wet op Kindergeregtigheid. Makhubela sê die ondersoek sal bepaal of die seuns verhoor gaan word.

Die seuns, wie se name nie bekend gemaak mag word nie omdat hulle minderjarig is, is in verband met die moord op Thandeka Moganetsi (15) en Chwayita Rathazayo (16) van Soweto in hegtenis geneem. Die twee meisies is in Februarie in Dobsonville dood aangetref. Hulle het nog hul skoolklere van die George Khoza Sekondêre Skool aangehad. Hulle hande en nekke is gesny. Daar was drie swart kerse en twee nuwe skeermeslemmetjies op die toneel. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.