Seuns in hof ná moord by skoolkoshuis

Argieffoto

Twee 15-jarige seuns verskyn Dinsdag in die Seshego-landdroshof buite Polokwane, Limpopo, in verband met die moord op ʼn 12-jarige skoolmaat die afgelope naweek.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie en paramedici is Saterdag na die skool ontbied nadat die twee seuns glo die 12-jarige leerder by die skoolkoshuis van die Grace and Hope Special School aangerand het.

Die Grace and Hope Special School is ʼn skool vir leerders met ernstige intellektuele gestremdhede.

Die voorval het by die skoolkoshuis plaasgevind. Ngoepe het gesê dit is egter nie duidelik wat tot die aanranding aanleiding gegee het nie. Die slagoffer was met die polisie en paramedici se aankoms op die toneel reeds dood.

Sam Makondo, woordvoerder van die departement van onderwys in Limpopo, het gesê twee leerders wat ʼn kamer met die slagoffer deel, het ʼn onderwyser ontbied nadat hulle gesien het die seun beweeg nie en haal ook nie asem nie.

Beraders is die naweek reeds na die skool gestuur om die kinders by te staan. Die LUR vir onderwys in Limpopo, Ishmael Kgetjepe, het sy medelye met die slagoffer se familie betuig en senior amptenare van die departement het die skool Sondag besoek.

Kgetjepe het ook sy skok oor die voorval uitgespreek.

“Dit is moeilik om iets so tragies te verstaan en geen woorde kan die verlies beskryf nie. Dis erg vir ons as ʼn [onderwys-]sektor, maar uit die aard van die saak selfs erger vir die gesin, familie en vriende. In tye soos dié het ons mekaar nodig. Dit is dus belangrik dat ons mekaar ondersteun en veral die familie help,” het Kgetjepe gesê.

Volgens Makondo sal ʼn amptenaar van die departement die hofverrigtinge vandag bywoon. Hulle werk baie nou saam met die polisie om die verloop van gebeure uit te pluis.

Die twee seuns verskyn op ʼn aanklag van moord. Omdat hulle minderjarig is, is die verrigtinge nie oop vir die publiek nie.

Thoriso Themane (Foto: ANA)

Die voorval by die skool kom net enkele weke ná sewe minderjariges, almal tussen 15 en 16 jaar oud, in hegtenis geneem is in verband met die moord op Thoriso Themane (27). Themane is op 23 Februarie in Florapark in Polokwane aangerand en vir dood agtergelaat. Hy was glo van ʼn musiekoefening op pad huis toe, toe hy deur ʼn groep oorval en aangerand is. Video’s is boonop van die voorval gemaak en op sosiale media versprei.

Een van die video’s wys hoe ʼn bebloede Themane gesleep, geslaan en geskop word. ʼn Ander wys hoe Themane se oënskynlik lewelose liggaam straataf gesleep word.

Benewens die groep minderjariges is twee volwassenes ook in verband met Themane se dood aangekeer. Die betrokkenes het reeds in die hof verskyn en is op borgtog vrygelaat. Die saak teen hulle word in Mei voortgesit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

GOGGA ·

As die gemors op so jong ouderdom begin moor, gaan hulle beslis reeks moordenaars word. Did afgryslik om ‘n getremde jong kind net so te vermoor en die ander wat ‘n lyk in die straat afsleep?????? Hoe wreed en almal nog so jonk. Daar moet geen genade getoon word nie want hulle het geen genade aan die slagoffers getoon nie. Afgryslik wreed!!!!! Sterkte aan die oorledenes se families.

Mark ·

Hy sal dom wees om apartheid te blameer aangesien daa ‘n jong wit man hof loop oor die moord op twee jong wit meisies in ‘n skool koshuis.

toy ·

Kan die regering nie sien dat alles in so ‘n gemors is of is hulle te besig met hulle eie gewin.

Lizelda ·

Die laaste deel van jou vraag is meer in die kol Toy. Elkeen te besig om hulleself te verryk as om bekommerd te wees oor die werklike stand van sake in SA.

Sanna ·

Die 12 -jarige moes in die eerste plek nie ‘n kamer gedeel het met kinders wat soveel ouer is as hy nie. DInk net hoe lank was hy nie al geboelie nie? Ek glo hy’s uiteindelik verlos. Dis so hartseer.

cha ·

hoe oud was die leerders wat ‘n kamer met die slagoffer gedeel het?

Lindtjies ·

Op so ‘n jong ouderdom al klaar gebrandmerk as moordenaars. In hierdie wettelose land van ons word daar geen disipline toegepas nie. Hulle is wreed en bloeddorstig. Dit is mos nie normaal nie,

Dries Moolman ·

Hierdie twee, as hulle skuldig is aan die moord, moet sommer reguit na die ‘grootmens’ tronk gestuur word. Daar sal hulle kry wat hulle verdien.

fred ·

is dit die toekomstige politiekers,polisiemanne,staatsamptenare,onderwysers,…?arm nuwe suid-afrika

wilma ·

cha, volgens die berig was die ander twee leerlinge 15 jaar oud.

Mossie ·

As ek die berig reg lees het 2 15-jariges die moord gepleeg, MAAR ander leerders wat n kamer saam met die slagoffer gedeel het, het opgemerk dat die slagoffer nie asemhaal nie. Daar word nie genoem wat die ander leerders se ouderdom is nie.

Mossie ·

Jare terug was daar verbeteringskole vir hierdie tipe kinders. Wat is die jongste ouderdom wat toegelaat word in die tronke? Waarnatoe gaan hierdie kinders wat moorde pleeg? Borg beteken tog hy word in sy ouers of volwasse toesig toevertrou tot die hofsake verby is, wie kyk dat sulke dinge nie weer plaasvind nie?! Dis absoluut waglik!!

Nettie ·

@Mossie, ja – dís wat gebeur as die “roede gespaar word”, soos die spreekwoord lui. Vat lyfstraf en gepaardgaande dissipline weg, en jy kry ‘n deur-en-deur verrotte jeug wat geen respek het vir reg en geregtigheid, wet en orde en ander mense se lewens en goed nie.

In “ons” tyd – so 35 jaar of wat gelede, was lyfstraf en paslike dissipline nog op skool toegepas. Daardie tyd het ‘n leerder, oftewel skoolkind, gelúíster as daar met hom of haar gepraat is en – indien nie – is daardie skoolkind op gepaste wyse deur die regte persoon gefoeter. Altans, dis hoe dit in mý wêreld was, waar jou ouers, die onderwyser, skoolhoof, predikant en tannie/oom-in-die-straat gesamentlik kinders ‘grootgemaak’ het.

En as foeter dan nie gehelp het nie, is jy na ‘n verbeteringskool toe gestuur, waar die blou Duiwel uit jou gefoeter is en goeie verstand en oop ore in jou ingeneuk is. En daarna, het die Weermag vir die mannetjies gewag – dáár is jy òf gemaak óf gebreek.

Zombie ·

@Mossie, deesdae word die sogenaamde regstellende geregtigheidsbenadering (restorative practice approach) eerder gevolg. Die oortreder en die slagoffer word, nadat ń sekere herstellende proses gevolg is, byeengebring. Die oortreder sê hy is jammer, die slagoffer aanvaar dit, almal eet ń stukkie koek saam en dan gaan almal hoogs gelukkig en tevrede uiteen…..
In die geval van moord, sal die slagoffer se gesin dan deel van die proses wees.
Hierdie benadering word gevolg, om te voorkom dat ń minderjarige persoon ń kriminele rekord kry….
Ek bevraagteken die benadering!

Jane ·

Maar so wil hulle in die AFRIKAANSE Skole hulleself indruk want daar is nie genoeg aanrandings en moorde en baksteen geslanery nie … Hierdie is nie meer kinders nie, hulle is nou MOORDENAARS.

J. van Rensburg ·

Die “slimmes” het mos beweer dat om ‘n stout kind slae te gee neig hom tot gewelddadigheid. Nou, verduidelik dan asse-BLIEF aan my waarom hierdie jeugdiges – wat waarskynlik nie eers ‘n klap op hulle sitvlakke met ‘n plathand gekry het nie, op so ‘n jong ouderdom reeds moord pleeg??? Die wyse Salomo het mos gesê: SPREUKE 13: 24 – Wie die roede terughou haat sy seun, maar hy wat hom liefhet besoek hom met tugtiging EN SPREUKE 22:15 – As die sotheid vassit in die hart van die seun sal die tugroede dit daaruit verwyder. Almal wat anti-“tugtiging” is, verduidelik asseblief????

Sean ·

Hulle word uitgelewer aan die ouers se sorg en is minderjarig so hulle word nie as volwasses vervolg nie No problem

Jean ·

Snaaks hoe stil Lesufi is, tjoepstil !
Soek seker na nog borge wat hy kan stopsit ! Plaas hy dit waarvoor hy aangestel is doen!

J. van Rensburg ·

Laat my aan ‘n insident baie jare gelede in Engeland terugdink – kan nie meer die besonderhede en name so goed onthou nie, maar hier iewers in die 60’s of 70’s het twee knape in Engeland ‘n baba vermoor. En nee, die twee is NIE aan ‘Mum and Dad’ se sorg toevertrou nie – hulle moes tronk toe gaan… sal probeer om iets oor hierdie geval weer op te diep, maar die twee knape was ook nog minderjariges… wonder of dit vandag met sulke klein boewe weer sou gebeur, of het dieEngelse ook nou besluit dat die kindertjies maar onder die ouers se sorg gerehabiliteer sou word? Sal in elk geval nie hier gebeur nie…

Antjie ·

…en die toesighoudende onderwyser weet van niks, en boonop weet hy ook nie van CPR nie? Wat vang die 15-jariges nie nóg aan nie? As ouer van een van hulle sou ek darem gekla het ook oor die onderwyser, en nie net oor die 15-jariges, en stupid reëlings om ouderdomme te meng nie. Veral nie in ʼn skool vir verstandelik gestremdes nie. Klink boonop dus of die 15-jariges dalk nie toerekeningsvatbaar was nie, wat die onderwyser wat toesig moes hou, soveel sterker sou betrek.

J. van Rensburg ·

Jammer – my fout met die datums – dit was in 1993 toe tweejarige James Bulger uit ‘n winkelsentrum in Engeland op 12 Februarie 1993 deur Robert Thomson en Jon Venables – beide 10 jaar oud – ontvoer is terwyl James se ma inkopies gedoen het. 2½ myl verder het hulle die seuntjie seksueel aangeval, gemartel en blou verf in sy ogies gegooi voordat hulle hom met llippe en bakstene geslaan en op die treinspoor vir dood agtergelaat het.
Hierdie twee knape is die jongste moordenaars in 200 jaar in Engeland, het die polisie gesê.
En nee, hulle is NIE in die sorg van hulle ouers geplaas nie – hulle is 8 jaar tronkstraf opgelê…
Weereens – twee knape wat volgens die “WYSES” nie ge looi s nie, want dan word hulle gewelddadig…. REGTIG???

Nettie ·

@J. van Rensburg – was dit nie Mary & Norma Bell (nie verwant nie) was twee kleuters, Martin Brown and Brian Howe, verwurg het in 1968 nie? Norma Bell was later onskuldig bevind, maar Mary Bell (toe 11 jaar oud) is skuldig bevind aan manslag en opgesluit omdat sy ‘n “gesplete persoonlikheid” sou hê.

J. van Rensburg ·

Nettie, daardie storie lui nie ‘n klok iewers in my geheue nie – was dit hier by ons, of iewers in die buiteland? Ek sal gerus bietjie “GOOGLE” en sien of ek iets oor hierdie storie kan opdiep. Dankie hiervoor. Ek moes juis die moord om tweejarige James Bulger ook GOOGLE om weer iets oor daardie geval te leer. Ai – dat sulke jong kinders tot moord in staat it……

jaco ·

dis nou Ramaphosa se “our people” wat dit aan “our people” doen. nou wonder ek maar net:
1. waars die vredeliewendheid en Ubuntu dan nou?
2. is dit ook “maar net gewone misdaad” soos plaasaanvalle en plaasmoorde?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.