Seuns moet glo toekyk hoe ma en susters verkrag word

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou en haar drie dogters is Saterdag glo verkrag toe drie verdagtes in die vroeë oggendure by hul huis ingebreek het.

Kol. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 01:00 by die gesin se huis in Jouberton naby Klerksdorp in Noordwes gebeur. Die 50-jarige vrou het geslaap toe sy gehoor het hoe iemand aan die deur skop, het Mokgwabone gesê. Die volgende oomblik was drie onbekende mans in haar slaapkamer.

Die verdagtes het glo die lig aangeskakel en sy kon sien hulle was met messe gewapen. Die verdagtes het haar glo aangesê om haar klere uit te trek en haar na die sitkamer geneem waar een van hulle haar verkrag het.

“Sy is toe na ʼn slaapkamer geneem waar sy en haar drie dogters, tussen 6 en 18 jaar, om die beurt deur die drie mans verkrag is,” het Mokgwabone gesê. Die verkragtings het ten aanskoue van die vrou se twee seuns gebeur wat met messe gedreig is.

Die verdagtes het toe met verskeie huishoudelike items gevlug. Hul vryheid was egter van korte duur en hulle is kort ná die voorval vasgetrek.

“Voorlopige ondersoeke het daarop gedui dat die drie lede is van ʼn bende genaamd Dog for Money,” het Mokgwabone gesê. “Die verdagtes, tussen 18 en 22 jaar, sal Dinsdag in die Klerksdorp-landdroshof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Dit breek ‘n mens se hart om sulke goed te lees. Nie eers diere tree so op nie!

Chris ·

Ons leef in n land wat nou oorgeneem word deur misdadigers. Hulle het geen respek vir ander mense se lewens of gevoelens nie. Weet nie hoe ons dit gaan verander nie want dit word net elke dag erger. Elke dag hoor jy van moored en verkragtings. My persoonlike gevoel is dat die doodstraf vir hierdie misdade weer toegepas moet word. Dit sal help as hulle weet hulle kan gehang of geskiet word. Moet dit sommer in die openbaar doen.

Peet Schabort ·

Seker die polisie wat hulle aangekeer het want die gemeenskap sou geweet het wat om met hulle te doen.
Hier is GEEN TWYFEL oor wie die misdaad gepleeg het. So ? DIE DOODSTRAF !!!!!!!!!!!

SNEL ·

Voel of mens in trane kan uitbars om te dink n ma en haar kinders moes so iets beleef en dan is een van die dogters maar ses jaar oud. Dis vreeslik. Watse lersels het almal nie, selfs daai seuns wat dit moes sien gebeur. Skokkend dat ons pragtige land in so wrede plek verander het.

Winston ·

Wettelose barbare in n land waar die burgers nie deur die regering as iemand geag word nie. Net die doodstraf sal help en niks anders nie. Ons moet seker maar weer self alles doen?

Strussbob ·

Kom ons doen iets hieraan. Dis ons kinders. Gaan ons net kommentaar lewer?

Dee ·

Gaan jy net kommentaar lewer en vrae vra of gaan jy ‘n voorstel doen? Moet nie wag vir ander om voorstelle te doen maar doen dit self.

Dee ·

My raad is lankal en menige forums veral aan mense wat in alleenstaande huise woon om traliedeure in gange wat lei na slaapkamers te installeer en gewapend te wees. Hê ‘n keffertjie in die huis. Dit neig om te klink asof mense steeds min doen om hulself te beveilig. Die berig laat dit klink asof daar nie eens ‘n traliedeur was. Anders gesien is dit ‘n ma met kinders wat dit miskien nie finansieël breed het nie maar traliedeure is ‘n moet. En traliedeure binne die huis by die slaapkamers met voorsorg om vining te kan ontsnap in geval van brand. Inbrekers moet soveel lawaai maak dat daar tyd is om hulp te roep.

neelsie ·

“dog for money”– sulke honde!!!
Hulle kort bietjie “two step”
Luister asb… laat n brakkie of Rottwieler in die huis slaap, kan sulke voorvalle verhoed.

Mariska Scheepers ·

Die ironie van die saak is hulle gaan vir korte duur tronk toe, word gevoer deur die einste mense wat hulle seer gemaak het se tax geld, oor n rukkie word hul vrygelaat doen dit net weer en die arme slag offers loop lewens lank met die letsels en vernedering. Suid Afrika se wet is aan die Barbare se kant. Die barbare weet daar gaan niks met hulle gebeur nie, AL wat gaan help is die dood straf en vir die gene wat so gereeld se dus maklik vir ons om te se dood straf maar wie gaan daai taak verrig MAKLIK die moordenaars en verkragters wat nie n hart het daar is so baie dood seker ons sal altyd n laksman he!!!

Tiaan ·

Die enigste pad wat nou oorbly is die ANC pad ons moet nou doen wat hulle gedoen vir “vryheid” net op n duisend maal erger skaal vraag is het die afrikaner mog die guts om terug te veg vir wat ons sin was die ANC lag hulle self on n koma in omdat moord verkragting van wit babas en meisies seker is wat hulle wil he mense dit is tyd om uit die modder op te staan en te veg

Bertie ·

Ek weet regtig nie waar dit gaan eindig nie, kan ook nie se dit sal nooit met ons gebeur nie. Ek wil nie eers weet hoe dit voel nie. Ek het myself die voorneme gemaak dat as dit met ons gebeur s
sal tenminste een saam my dood gaan. Weet nie wat hulle uit die hele proses probeer beryk nie. Ons kan net op ons knee gaan en dankie se dat ons nog nie slagoffers was nie.

Mark Steenkamp ·

Kap hulle koppe af! Tyd dat die gemeenskap ook in opstand kom en sulke goed straf soos hulle gestraf moet word

Dominique ·

Die diewe gevang of nie, daai familie het reeds erge trauma opgedoen. My dogtertjie is 6 en te moet dink dat ‘n ander dogterjie van haar ouderdom verkrag is, wil ek sommer huil.
Deesdae breek hul nie meer in en vat wat hul soek en verdwyn nie. Hulle WIL ons mense skade aandoen. Om ‘n ma en haar 2 jong dogters so op die beurt te verkrag is net so goed soos om hulle wreed te vermoor! Julle diewe het klaar hul lewe verwoes!!!

George ·

Die skuim het nie net hulle goed gesteel nie maar ook hulle lewens. Skade wat geld nie kan regmaak nie.

Liewe lulu ·

Dit is tyd dat die MRK gedagvaar word. Hulle met hulle mense regte strooi gee net vir misdadigers om. Dagvaar!!!

Theresa ·

Kom ons vra Afriforum om ‘n oggend stap te reël. Al moet mens ‘n dag verlof insit – kom ons daag in ons duisende op om teen hierdie boosheid te betoog. Kom ons dring aan (met ‘n geskrif) dat daar met onmiddellike toepassing, drasties teen hierdie tipe mens en misdaad opgetree word. Hul is gevang. Dit was hul. Daar is niks om oor te twyfel nie. Hul het verseker 4 mense “se lewens geneem” en 2 ander “lewenslank geskaad”. Hierdie tipe ding kan net eenvoudig nie meer toegelaat word nie. Dit is BOG (eintlik graag ‘n ander word) dat ons almal so lekker saambly in Suid-Afrika. Daar is iets walglike aktiwiteite in ons land. Sleg goed soos dié mag nie die voorreg van tronktoe gaan – kos kry ensovoorts op ons belastinggeld nie. Glad nie. Eerstens moet hul summier teruggestuur word na hul eie sotlike lande toe, waar hul daar kan krepeer in ‘n tronk. Die tronkbestuur moet maar oor en weer die regte dinge in plek laat val. NEE hiervoor. NEE dat dit nog langer kan aanhou. Waarvoor wag ons?????????? Ons kan dit op ‘n ordelike (dit gaan moeilik wees – maar nodig) wyse doen – maar dit tel mos vandag om so op te trek in massas. Ons moet ‘n goeie roete uitwerk, sodat dit maksimum impak het.

Theresa ·

Wil ook sê dat hierdie bende dus bekend is aan die polisie. Roei hul dan uit. Dogs for Death pas dan beter.

Tascha ·

Ai dit laat ‘n mens jou kop in jou hande laat sak en wonder wat van die samelewing geword het. Niemand is meer veilig nie en hoe baklei mens teen iets as jy nie toegerus is daarvoor nie? Die regering het letterlik ons hande afgekap, baklei jy terug is jy verkeerd baklei jy nie terug nie verloor jy jou mens-wees; jou identiteit of selfs jou lewe so presies wat staan mens te doen?

PIXIE ·

Lynette, Neelsie vergelyk die misdadigers NIE
met honde nie hy noem net ‘n brakkie of twee in die huis kon die arme vrou en haar kinders gewaarsku het van die misdadigers / moordenaars. Ek stem saam met Neelsie EN ASSEBLIEF mense moenie jou hond buite aan ‘n ketting vasmaak nie maar laat hom in die huis slaap sodat hy alarm kan maak dit is vir jou eie veiligheid.

Lee ·

Die regering sal nooit die doodstraf herinstel nie want “misdadigers” stem ANC. Die enigste manier om wet en orde te handhaaf is by die stembus. Ons land het ‘n nuwe regering nodig en ‘n regering wat Godvresend is. Ons kan ook maar net hoop en bid dat die ongeskoolde, landelike mense (en grootste deel van ANC-stem) se oë oopgaan…

Dee ·

Jy is seker nie ernstig nie. Jy maak ‘n grap as jy sê dat die konserwatiewe stem ‘n impak sal hê teen die swart massa. Buitendien is hope blankes liberaal genoeg om vir die swart DA te stem.

Jannes Augustyn ·

Dood straf vir sulke ongediertes…op di stadium bly hulle in n land wat hulle kan se en doen wat hulle wil rn niks gebeur ni….op n manier moet ons doodstraf trug bring…Sterke aan almal mag God julle geneus en en almal in sy hande dra

gefrustreerd ·

EK IS STOM EN VERSLAE …. EK HET NIE WOORDE NIE !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
EK HOOP EN BID EN VERTROU DAT DIE HERE HIERDIE MENSE SAL KRAG GEE OM WEER OP TE STAAN… STERKTE JULLE

SNEL ·

Die moet n swart huisgesin wees, want Jouberton is die swart woonbuurt net buite Klerksdorp uit op die Wolmaranstadpad. Dit maak egter nie saak nie, dis n ma en kinders en n ses jarige kind om alles te kroon en die skurke gaan weer net n ligte straf kry. Hulle doen sulke goed aan hulle eie mense, watse kans staan ons dan as sulke gemors ons in die hande kry.

Elmari ·

Waar is vroue maand nou? Ek hoop hulle hou dit in gedagte wanneer hierdie barbare in die hof verskyn.

Hannelie ·

DOODSTRAF !!!!!!! Dis al hoe ons van die gemors en gepeupel kan ontslae raak op hierdie aarde. Hulle voel niks vir enige iemand nie nie eens ‘n 6 jarige kind nie.

Isabel ·

Dit sal n goeie ding wees as hulle met die “mob justice” te doen gaan kry!!!!!

Marlene ·

Die skrif is aan die muur… dit staar ons in die gesig. Tyd om t vat nog oor is, en vlug uit ons eie Vaderland. Ons geskiedenis is vergete, ons, is vervreemd van mekaar. Vind n nuwe land wat stabiel is en maak n nuwe vars begin.
Ek is oppad .

Willie Olivier ·

Dis tyd dat ons, ons mense leer om terug te baklei! Jy het nie n’ vuurwapen nodig nie. Waar is ons manne wat in die Rekkies was? Dis tyd om onself te verdedig!

ANTJIE ·

Dink jy regtig daar is nog baie sulkes oor?? Die beste manne wat grensopleiding gehad het is ouer as 40….en die bestes is reeds 50 en op. Ek weet nie…
God Alleen kan ons hieruit help

Marita ·

Dis eenvoudig ondenkbaar! Daardie letsels is vir ewig! Ek hoop daar is iemand wat hierdie familie trauma berading gee

bea ·

Ek maak enige iemand wat so iets aan my kinders doen dood, weet ek sal dit nie dadelik reg kry maar as hulle aangekeer word en hof toe gaan dis wanneer ek my kans sal kry om die gemors na die hel te stuur!!!

Meisie ·

Dis walglik. Wat word van hierdie land waarin ek my eie dogtertjie moet grootmaak???? En dan vra almal hoekom vlug die Suid-Afrikaners uit hul eie land?? Bring die doodstraf terug en dinge sal drasties verander is my mening.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.