Seuns se liggame gevind na by-aanval

Argieffoto

Argieffoto

Twee van die drie seuns wat Donderdag in Uitenhage in die Oos-Kaap vermis geraak het nadat hulle van ʼn swerm bye probeer vlug het, se liggame is gevind.

Ao. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn groep seuns het Donderdagoggend gaan stap toe hulle deur ʼn swerm bye aangeval is. Die seuns het in ʼn dam gespring in ʼn poging om van die bye te vlug. Drie van seuns kon egter nie weer uit die dam kom nie.

Volgens Swart het die ander seuns huis toe gehaas en die voorval aangemeld. “Die ouers het na die dam probeer gaan maar kon dit weens die ruwe terrein nie bereik nie.” Swart het gesê die voorval is omstreeks 21:00 by die polisie aangemeld.

Die polisie het ʼn soek- en reddingspan saamgestel maar moes Donderdagaand die soektog tydelik opskort. “Die soektog is Vrydagoggend hervat en die twee seuns se liggame is gevind. Die soektog na die derde seun duur voort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

simon ·

As n byeboer weet ek dat bye nie net mense aanval nie. Was hulle dalk deels verantwoordelik vir die 30%+ verliese agv vandalisme wat SA byeboere jaarliks ervaar.

RONEL ·

as n bye boervrou staan ons korwe veilig weggesteek, hulle pla niemand nie, as jy daar gaan krap, sal hulle jou jaag tot in die berge, ek loop verby die korwe en hulle doen my niks,, en glo my ek is bang om dit te doen, maar ek pla hulle nie en hulle pla nie my nie,, alle sterkte vir die ouers in die moeilike tyd.

Cobus ·

Bye val nie net mense aan nie, hulle moes by die nes gekaring het. Nou is dit die bye se skuld??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.