Seuns sien hoe twee maats verdrink

Argieffoto

Twee kinders van Marapyane in Mpumalanga het Saterdag in ʼn steengroef verdrink toe hulle saam met twee van hul maats gaan swem het.

Sers. Tlaki Matemane, woordvoerder van die polisie, sê Raubas Ntsweng (13) en Goitsemang Morokho (11) het omstreeks 11:30 saam met twee vriende in die steengroef gaan swem toe hulle in die moeilikheid beland het.

Volgens inligting wat aan die polisie verskaf is, het die twee oorlewendes gesien het hoe hulle vriende in die water in die moeilikheid beland. Hulle het omgedraai en terug geswem waarna hulle na ʼn nabygeleë taverne gehardloop het om hulp te ontbied.

Die polisie is in kennis gestel en polisieduikers, die KwaMhlanga-honde-eenheid, nooddienste en brand-en-reddingsdienste het almal hand bygesit om na die seuns te soek. “Die eerste slagoffer se liggaam is omstreeks 16:35 gevind en die tweede slagoffer om 17:25,” sê Matemane.

“Die slagoffers het albei net hul onderklere aangehad, het skuim om hul monde gehad en het nie meer asem gehaal nie. Hulle is op die toneel deur paramedici dood verklaar.”

Die seuns se ouers het hulle uitgeken. Raubas was ʼn graad 7-leerder aan Lekgolane Primary School en Goitsemang ʼn graad 5-leerder aan Ikageleng Primary School.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Pieter ·

In ‘n steengroef gaan swem? Werkende groewe word deur die DMR gereguleer, dus dan is die plek laakbaar rakende myn ‘health & safety’ en moet ‘n saak geopen word teen die myn.

Indien dit ‘n verlate steengroef is, is die plek nie gerehabiliteer nie en die volgende verdrinkings wag. Rehabilitasie is ‘n verantwoordelikheid van die DMR, daar word jaarliks vir begroot tensy die geld ook landuit is.

Daar is baie sulke myne. Dink ook aan besoedelde mynwater waaraan die mense in gaan swem, drink en hul vee afhanklik van is.

Kaizer ·

Dwelms? Drank? Sal graag die toksologie verslag wil sien. En dan die mense verantwoordelik vir die 2 mense se dood aan die pen laat ry.

MissDemeanor ·

Wat van….dis bloot kinders in ‘n minderbevooregte omgewing wat buite saam hul maats wou speel en toe in die water gaan baljaar het.

Cherokee ·

Nee PJ.. dit was ‘n ongevraagde opvolg op redelike kommentaar.

Deloris ·

Kiazer, ?die kinders soos op daai ouderdom, gaan swem hulle in n groep, jy gevoeloos…. hulle weet nie van swem nie.
Sterkte aan die ouers..

Karolis ·

Kaizer, lees die berig weer. Ek kry die indruk dat jy gespoedlees het.

Cherokee ·

Spoedlees? Miskien was dit nie spoedlees nie maar dwelms of drank!

Wonder Net ·

Waarom gaan swem kinders in ń steengroef? Waarom was die ouers nie saam nie? Waarom is daar nie ń ordentlike mynisipale swembad met lewensredders nie waar hulle kon gaan swem het nie? Waarom het due kinders nie swemklasse gehad nie? Waarom is volwassenes en kinders so onverantwoordelik. Ons bly tog in ń land wat demokraties is en die beste vir ń ieder en elk gee.

Elvira ·

Innige hartseer storie. Hoop hulle families kry vertroosting.

Zoeye ·

My hart kan die goed net nie meer hanteer
As ‘n ma wil ek nie eers my indink hoe die mamma’s moet voel.
dit was ongelooflik warm oral in die land, die kinders het warm gekry en gaan swem
dit was dalk al wat daar was vir hulle om te doen~!
ek bid en hoop dat die betrokke myn voorsorg sal tref dat so tragedie nooit weer hoef te gebeur.
Mag Vader die trane afdroog
RIV

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.