Seuns skuil in motorhuis tydens plaasaanval

Rietvlei-dieretuinplaas is geleë in ’n gewoonlik rustige omgewing tussen Johannesburg se verre suide en Alberton. Dis ’n gewilde ontspanningsplek vir stadsmoeë Gautengers. Foto: http://www.rietvleilifestylecentre.co.za

ʼn Seun en sy maat het Woensdagaand in ʼn motorhuis op ʼn ontspanningsplaas suid van Johannesburg weggekruip terwyl sy pa vier keer tydens ʼn struweling met rowers geskiet is.

Bruce Lennox, voorsitter van die Glenvista-GPF, sê die slagoffer – wie se naam op versoek van sy naasbestaandes weerhou word – en sy gesin woon op die Rietvlei-dieretuinplaas tussen Alberton en Mulbarton, in die suide van Johannesburg, waarvan hy die bestuurder is.

Omstreeks 20:00, terwyl sy vrou en dogter nie op die plaas was nie omdat hulle ʼn geleentheid bygewoon het, het hy drie mans buite die huis op die plaas gewaar. Hy het opgestaan om die skuifdeur toe te maak, maar Lennox vertel dit was te laat.

Terwyl die seuns motorhuis toe gehardloop het om daar te skuil, het twee van die mans die bestuurder (in sy 40’s) oorval. In die struweling wat gevolg het, is hy vier keer geskiet.

Hy is ná die aanval na die Unie-hospitaal in Alberton geneem, waar hy Donderdag geopereer sou word. Sy seun en dié se maat is ongedeerd, vertel Lennox.

Kapt. Kay Makhubela, Gautengse polisiewoordvoerder, sê hy het navrae oor die aanval ontvang, maar het nog nie nadere besonderhede nie. Die Glenvista-GPF sê in ʼn Facebook-inskrywing speurders van die Mondeor-polisiekantoor ondersoek die voorval.

Lennox, wat al sowat sewe jaar by die gemeenskapspolisiëringsforum betrokke is, sê danksy Glenvista se aktiewe GPF is misdaad in die verre suide van Johannesburg “nie so erg soos op baie ander plekke” in die Goudstad nie, “maar daar is ook maar voorvalle”.

Op sy webwerf word Rietvlei-dieretuinplaas, langs die R554-Swartkoppiespad, as “ʼn pragtige plaas in die suide van Johannesburg” beskryf, wat “ʼn groot verskeidenheid ontspannings-, opvoedings-, sport- en gesinsaktiwiteite in die buitelug bied.

“Die piekniekpark se lapas/braaiplekke en die Rietvlei-wandelpaaie is geleë in die rustigste omgewing op die plaas, omring deur natuurlike vleilande, groot wilger- en eikebome en ʼn pragtige tuin en grasperke, waar ʼn mens kan ontspan en die sonskyn en natuur geniet.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Debbie ·

Ek lees elke dag Maroela..en my hart ruk…Dis so so jammer al hierdie aaklige goed gebeur.
Voel eintlik so bietjie of ons op die Titanic skip staan,terwyl hy sinken dit voel of ek wil se – mag God elkeen van ons genadig wees .

Liezl ·

Debbie, gaan lees Daniel 11 en dink aan wat vandag hier tussen ons aangaan. Dan gaan jy na Daniel 12 en kry die versekering dat Hy altyd met ons is….Many will be purified, made spotless and refined, but the wicked will continue to be wicked. None of the wicked will understand, but those who are wise will understand…… As for you, go your way till the end. You will rest, and then at the end of the days you will rise to receive your allotted inheritance. Hou aan glo en vertrou dat daar wel ‘n uitkoms vir ons kom. Ek het die woord 2 dae terug gekry. Mens sê gewoonlik ek gaan net my Bybel oopmaak en lees, ek het definitief Dinsdag hierdie stem in my gedagtes gekry en het by Daniel 11 oopgemaak!

ywerige koerant leser ·

Debbie & Liezl, julle woorde is so waar. Ons sal hierdie dinge beleef, en dit sal ons skok maar ons moet nie hieroor vrees nie omdat die dag van regverdigheid sal seevier. En ons is nooit alleen nie.

Kwagga ·

Dis die volgende wat kom…..ons gaan nie eers meer kan ontspan by n kamp plek nie dan gaan jy daar ook oorval en gemoor word. Dit gaan NOOIT beter word in die land nie, hoe vinniger ons dit besef hoe beter.

Moaners ·

Jammer vir die Ingels – dit klink net so goed “Stay away from negative people, they have a problem with every solution”

Gehasi ·

‘n Pessimis is ‘n voormalige optimis met ondervinding.

willem Botha ·

Die media moet die feite gee wit mense word aangeval en vermoor en in die meeste gevalle is die aanvallers swart.Die media alleen kan hierdie feite weergee sodat die wereld weet wat gebeur in suid afrika,die media was grootliks verandwoordelik vir die val van apartheid nou moet dit weer gebeur.

Tobie Klarens ·

Om “positief” te wees sonder goeie rede, is irrassioneel

TP ·

My laerskool kind gaan volgende week saam met die skool kamp, en dit wat in DIE berig genoem word is een van my grootste vrese…

TP ·

My liewe Liezl, baie dankie dat jy my kind aan ons hemelse Vader opdra. Mag jy geseend wees xxx AMEN

Elvira ·

Mnr Ramaposa se daar is nie aanvalle op blankes on Suid Afrika nie. Wat se jy Ramaposa? Kyk net op Maroela oor hoeveel aanvalle hierdie week al plaasgevind het. Gaan jy iets doen daaromtrent?

Johan ·

Ramaphosa, niemand is so blind soos hy wat nie wil sien nie. Verstaan jy dit?

Guve ·

Mr Rama president,waar is jy nou?regtig so lamsakkig kan jy nie wees nie,sê iets,doen iets,wys jy is nie net n vertoonkas president nie.2 Seuns moet wegkruip,bang,alleen,sure,niks oorgekom,maar di trauma,of is dit niks Rama,ek het op meer gehoop en gebid,sterkte aan die familie.

Sam ·

En net laas naweek het ek en my seun daar oornag langs die dam met visvang en gewonder oor die veiligheid.

Sam ·

Hulle woorde aan my was die laaste tien jaar nog geen insidente gehad nie. Want ek het gevra. Woorde was dan skaars koud

Santie ·

Nee kyk, CR moet Salomo se wysheid hê vir hier land van ons! Hy moet sy eie rug so beskerm in sy eie party met so ‘n klomp korrupte rugstekers…… Zuma het gemaak en breek soos hy wou, en CR is weer net te sag. Maar hy moet sy skaakspel speel tot die verkiesing verby is – dink ek,…..hoop ek….. Almal is moeg en siek en sat vir geweld en korrupsie in ons land….almal ….. wit en swart. Ons moet maar almal bid dat CR oortuigend wen in die verkiesing (want die ANC sal wen), sodat ons nie vir Zuma of sy trawante terugkry nie. Bid vir ons land en bid vir CR vir wysheid en insig.

Carlien ·

Rietvlei is die pragtigste plek!!!! So rustig en altyd lekker om daar te eet.. Wys jou net, jy is NERENS meer veilig nie… Ons land het n vrot plek geword…

Mariaan ·

Mense is nie negatief nie…dis realiteit…ons land se voorland…tragedie!!!!

Adrian ·

Hy Ramaphosa kan jy sien wat ek sien …… NIE ….GAAN PRAAT DIE KEER DIE WAARHEID OORSEE

linda ·

Ons president gaan absoluut niks doen hieraan (hy lees ook nie afrikaans nie)
nie hy of enige iemand op aarde!
elke dag wat jy nie vermoor word in Suid Afrika is ‘n blessing!
Sonder gebed vir beskerming kan ons nie meer
ek glo nie eers as jy ‘n geweer het gaan dit jou help hulle gaan jou steeds skiet
Dankie vir die Woord Liezl dis al wat vir ons oorbly
geloof hoop en bietjie ♥

Liezl ·

Linda, ons kan net opkyk en dankie vir jou ook, hou vas aan jou geloof, hoop en❤

Ek glo!!! ·

Dus nou tyd om hande te vat deur wit ,swart ,bruin en alle mense . Daar is baie goeie mense in ons land van alle rasse ons kan slegs die sinnelose geweld verslaan as ons saamstaan. Daar is mense wat rasse haat aan blaas en as ons as goeie mense net gaan kyk kan ons maar nou al ons mooie land goodbye kiss. Dus netso jammer dat dwase altyd in leier posisies op eindig.

Uitkyk ·

Eerstens wil ek simpatiseer met hierdie geval.
My vraag aan mede Afrikaans sprekendes is hoekom julself ‘beter’ in Engels uitdruk? Selfs in kerke word dit gedoen: “soos die Engelsman”.
Verder sal ek nie karring nie want dit is al deel van die samelewing maar pateties. Iemand is of Afrikaans of ……………..

Elm Morrison ·

My dad was an Afrikaner and a farmer. My mom was from the old Yugoslavia. My primary school was in Afrikaans and my high school was in English. What does that make me? Most of my life I’ve been an English speaking person. I can read & understand Afrikaans quite well, but writing it is another story. I identify myself as a white South African citizen, with a love of the land and its peoples. So I ask this writer to stop insulting someone who is part Afrikaans, and part English. Yes, one can be both!

toy ·

Mnr CR skrik wakker, hierdie land raak ‘n skande in alle opsigte swak dienste wat gelewer word, misdaad heelbo aan die lys ens. Hou op aandag gee aan onbenullige goed. Wanneer hierdie land tot niet is gaan die vinger nou jou gewys word.

Werklikheid ·

Geen harde woorde mag gebruik word nie. Kommentare word daagliks wyd gelewer. Demonstrasies vind oral plaas. Metodes van verbeterde omstandighede word bespreek. Die algemene opinie en vlak van kundigheid en benaderings is niksseggend. Herhalend. Pateties. Die vraag is waar laat dit die ontvangers van hierdie situasies. Polities, finansieel en in die algemeen. Geen hoop hoegenaamd. Geen vooruitsigte hoegenaamd. Geen toekoms vir die werkloses en toekomstige afstammelinge. Moet nie wegneem nie. Beplan deur bestaande kundighede op alle terreine, ook die wat uitgestoot is, te betrek. Die meerderheid agtergeblewenes sal beslis hierdeur baat. Die huideige regering sal baie beslis die vooedeel trek en sodoende die platvorm skep vir gesonde saamwoon en aanvaarding. My mening.

Chris Ws ·

“Meneer” Ramaphosa steur hom aan niks waar blankes vermoor word nie.Hy is net so nutteloos soos sy voorganger.Bietjie slimmer ja,maar erg nikswerd.
Sterkte aan die betrokkenes by die aanval.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.