Seuns steeds soek by Heroldsbaai

Sonsopkoms-strand-Nathan-Steyn.-lig

Foto: Nathan Steyn

Die twee tienerseuns wat Dinsdagmiddag vermis geraak het nadat hulle by Heroldsbaai in die Suid-Kaap deur golwe van die rotse afgeslaan is, word steeds gesoek.

Maroela Media het vroeër berig die twee 14-jarige seuns het saam met ʼn 29-jarige familielid op die rotse visgevang toe ʼn golf al drie van die rotse afgeslaan het. Die man kon daarin slaag om na veiligheid te swem en het hulp ontbied.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het Woensdag aan Maroela Media gesê dat daar nog geen teken van die seuns is nie.

“Polisieduikers is steeds op die toneel en daar word sedert gister onverpoosd na hulle gesoek,” het hy gesê.

ʼn Reddingsboot is ook in die see om met die soektog te help.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Takkie Takuuza ·

My innigste meegevoel met hierdie mense, mens kan jou nie hierdie tragedie indink nie. Hulle moet deur loutere hel gaan. Baie sterkte vir julle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.