Seuns val glo van brug tydens geveg

Foto: Crisis Medical

Twee skoolseuns het ernstige beserings opgedoen nadat hulle van ʼn brug geval het terwyl hulle glo in ʼn geveg betrokke was.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Crisis Medical, het gesê paramedici is Vrydag omstreeks 12:15 na die toneel in Kenville, in die noorde van Durban, in KwaZulu-Natal ontbied nadat ooggetuies gesien het hoe twee seuns van ʼn brug val.

“Volgens ooggetuies was die seuns glo in ʼn geveg op die brug betrokke toe hulle van die brug af geval het.”

Die seuns het ernstige kopbeserings opgedoen en hulle is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na die Addington-hospitaal vervoer is vir verdere behandeling.

Die seuns is vermoedelik 14 of 15 jaar oud. Die presiese omstandighede rondom die voorval word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Abe ·

Seuns val van brug af tydens geveg: Mors almal se tyd en moeite vir nonsens.

chante ·

Ek het nie meer woorde vir die dinge wat aangaan in die land nie

was dit dalk nog altyd so en is maar net met tegnologie dat ons meer bewus is
of is dit waardes wat nou al hoe meer afneem?

Lana ·

chante, aan jou vraag verstaan ek dat jy óf nog jonk is óf nie so lank in SA woon nie.
Ek verseker jou dit was nog nooit so goddeloos en Godlos soos nou nie.
Probleem is dat dit nou op so stadium is dat dit op ‘n daaglikse basis erger word.

Lberaal ·

Dis presies vandat ons liberaliste die wereld van verantwoordelikheid en reels bevry het. Vryheid om te doen wat jy wil, sonder verantwoordelikheid.

Eddie ·

Kaplaks. Een vuishou af die brug af. En dan volg die ander een hom. Is een van hulle se naam nie dalk Texas Ranger Walker nie.

Muffin ·

Het seker ook nie medies nie so ons belastingbetalers moet maar betaal.

Hexi ·

Moes nou in die mou lag, maar ja, baie groot moontlikheid :-)

Daan ·

Het julle mense geen simpatie met julle medemense nie? Ons het ook maar baklei na skool. Dit gebeur. Daar is nou 2 seuns ernstig beseer en hulle ouers en familie baie hartseer Skaam julle. En ons noem ons self Christene ?

Lana ·

Daan, jy moet gou baie mooi dink…
Het dit werklik “in jou tyd” gegaan soos wat dinge vandag in hierdie land gaan?
Ek was ook daar en die antwoord is beslis – NEE.

Dries du Toit ·

Daan met al hierdie absolute snaakse en onlogiese gebeurtenisse soos klim op n trein se dak en veg op n brug, maak die normale burger van hierdie land al simpatieloos

Daan ·

Dries vra maar die ouers en die Here om vergifnes. Daar is niks harteloos teenoor my gesê nie.

A Mac ·

Dink nie hulle sal gou weer op die brug speel nie. Hoop nie hulle gaan speel op die treinspoor nie anders sal die treindrywer die skuld kry as hulle iets oorkom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.