Seuns verdrink in dam by Brits-lodge

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Die liggame van twee negejarige seuns is in ʼn dam by ʼn lodge in Brits in Noordwes gevind.

Sers. Kealeboga Molale, woordvoerder van die polisie, het gesê die seuns, Katlego Lerutha en Neo Mashimbyi, se liggame is Sondag deur ʼn werknemer van die lodge gevind.

Volgens Molale het die twee seuns op 30 Mei verdwyn maar is hulle eers op 2 Junie deur hul ouers as vermis aangemeld nadat ʼn soektog na hulle in Oukasi, waar hulle gewoon het, geen vrugte afgewerp het nie.

Die polisie het ouers gemaan om hul kinders op te pas. Die ondersoek na die voorval gaan voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Charmian ·

Die foto op die berig is fals. Dis nie die duiker wat op die toneel was nie. Die inligtigting wat jul gee is ook vals. Die kinders is vermoor en hul liggame is in die dam gegooi.

Griet ·

Charmain, die foto is nie op die toneel geneem nie, dit is ‘n argief foto.

Poppie ·

Daar is nie gese dat dit die duiker is wat op die toneel was nie. En dit is vals en nie fals nie. En hul hoef seker nie al die inligting op die stadium te gee nie. Of hoe weet jy hul is vermoor?

Charmian ·

Ek was daar Sondag toe die polisieduiker die liggame uit gehaal het.

Charmian ·

Ek was daar Sondag toe die polisieduiker die liggame uit gehaal het.

Charmian ·

Poppie. Jis sorry man ek spel meer in Engels elke dag. Dankie vir daai fout wat jy vir my uit gewys het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.