
Argieffoto: SAPD
Sers. Kealeboga Molale, woordvoerder van die polisie, het gesê die seuns, Katlego Lerutha en Neo Mashimbyi, se liggame is Sondag deur ʼn werknemer van die lodge gevind.
Volgens Molale het die twee seuns op 30 Mei verdwyn maar is hulle eers op 2 Junie deur hul ouers as vermis aangemeld nadat ʼn soektog na hulle in Oukasi, waar hulle gewoon het, geen vrugte afgewerp het nie.
Die polisie het ouers gemaan om hul kinders op te pas. Die ondersoek na die voorval gaan voort.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Hoe kom hulle ouers eers na DRIE dae agter hulle is weg?
Die foto op die berig is fals. Dis nie die duiker wat op die toneel was nie. Die inligtigting wat jul gee is ook vals. Die kinders is vermoor en hul liggame is in die dam gegooi.