Seuns verkrag glo hond in veld

Argieffoto: https://pixabay.com

Argieffoto: https://pixabay.com

Die Hebron-polisie, noord van Pretoria, ondersoek ʼn saak van bestialiteit nadat ʼn groep seuns na bewering verlede week ʼn teefhond in ʼn veld verkrag het.

Mishack Matlou, ʼn inspekteur van die Tshwane-dierebeskermingsvereniging (DBV), het Woensdag aan Maroela Media gesê vyf laerskoolseuns, waarvan die oudste vermoedelik 12 jaar oud is, het verlede week die hond se eienaar genader om die hond te leen om daarmee te gaan jag.

Hulle het in ʼn veld in die Hebron-omgewing, tussen Ga-Rankuwa en Mabopane, gaan jag waar hulle glo die hond, ʼn kruising van verskeie rasse, verkrag het. “Daar word beweer dat twee van die seuns die hond verkrag het terwyl die ander drie die hond vasgehou het,” het Matlou gesê.

Die DBV is van die voorval ingelig nadat een van die seuns glo by die skool daaroor gepraat het en dit onder onderwysers se aandag gekom het.

Die hond is na veilige bewaring by die Tshwane-DBV se perseel in Waltloo geneem waar ʼn staatsveearts die hond ondersoek het.

ʼn Saak is by die Hebron-polisie aanhangig gemaak vir verdere ondersoek. “Die kinders se ouers is oor die voorval ingelig en hulle is in hul ouers se sorg vrygelaat. Die dossier is na die hof gestuur wat sal besluit hoe die situasie hanteer moet word.”

Korky Levanon, woordvoerder van die Tshwane-DBV, het aan Maroela Media gesê die hond moes van kant gemaak word aangesien die hond oud, getraumatiseerd en in ʼn swak toestand was. Die eienaar het sy toestemming daarvoor gegee.

Die DBV het sy skok oor die voorval uitgespreek en gesê bewusmaking moet geskied sodat mense besef dat diere vir geen rede mishandel of misbruik kan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.