Seuns verkrag glo meisie op skoolkamp

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng (Foto: Oupa Mokoena/African News Agency (ANA)

Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, het Dinsdagoggend ʼn skool in Soweto besoek nadat ʼn graad 8-leerder aan dié skool na bewering die afgelope naweek op ʼn skoolkamp deur drie ander leerders verkrag is.

Volgens Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement vir onderwys, het die graad 8-groep van die Fons Luminis Secondary School oor die naweek ʼn verwelkomingskamp in De Deur, suid van Johannesburg, bygewoon waarna ʼn meisie na bewering deur drie seuns op dié kamp verkrag is.

Die drie beskuldigdes is vanoggend uit die skool geskors, het Mabona gesê.

Die departement se psigososiale span was by die skool om berading vir alle graad 8-leerders te bied. Die span het ook die slagoffer by haar huis besoek om berading te bied, het Mabona gesê.

Lesufi het hom vanoggend op Twitter oor die voorval uitgespreek. “Ons is gewalg. Ons gedagtes is met die meisie. Ons sal al die nodige ondersteuning en sorg bied. Wat die seuns betref …” lui die twiet.

Die voorval is by die plaaslike polisie aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

KL ·

As jy so al is op skool, is daar nie hoop vir jou nie, die “seuns” moet sit tot die dag wat hul doodgaan, en mens kan net hoop dat wat die drie gedoen het aan haar, met hul in die tronk sal gebeur.

JG ·

Skielik onthou ek weer die uitlatings van n sekere vroulike Regter van nie so lank gelede…

Margaret ·

Ek onthou dit ook bàie goed JG. Die waarheid maak seer, en sý word gestraf daarvoor…..

JG ·

Skielik onthou ek weer die uitlatings van n sekere wit vroulike Regter van nie so lank gelede…

Adri ·

Nou het julle my nuuskierig! Herinner ons ‘n bietjie, asseblief!

regter geskors en vervolg ·

asb google maar tot jy inligting kry asb niemand, asb niemand melD hier wat daai regter gese het nie, maar dit is so die WAARHEID.

Snowball ·

Waar was die onderwysers wat moes toesig hou tydens die kamp?
Groot fanfare word gemaak en ‘n onderwyser word geskors omdat ‘n paar swart kinders eenkant van wit kinders sit.
Hier is ‘n skooldogter verkrag terwyl sy in onderwysers se toesig was op ‘n skoolkamp. Lesufi moet hulle skors totdat die ondersoek afgehandel is. Iemand het hulle plig versuim om hierdie dogter veilig te hou.

Hoor hoor Snowball ·

Mense worry nir, TOT iets met hul eie kind gebeur. My kind was op skool uitstappie saam SKOOLHOOF. Die en die ander onderwysers het gaan shop en ontspan terwyl ons kinders vir 2 dae self moes klaarkom. Geld is in hul hande gestop vir koskoop en almal is op hul merry way….
Toe ons BAIE ONTSTELD dit onder die beheerliggaam vd skool se aandag bring is daar Net Mooi Niks omtrent dit gedoen nie….
Eers as n kind met volgrnde uitstsappie ontvoer word of beseer word of erger sal hulle seker brgin worry…

honmourable member ·

Die kinders van vandag se hormone is total buite beheer.

HPV ·

Opvoeding, dissipline, en selfbeheersing, sonder dit is mens niks.

Madels ·

Nee die hormone is in plek maar dit word goed onder beheer gehou deur goeie opvoeding en dissipline. Maar ongelukkig ontbreek altwee in menige huise

jaco ·

Ras? Lesufi raak NET betrokke wanneer ‘n ander ras, VERAL wit, iets leliks aan iemand van sy ras doen. Sy ras is NOOIT verkeerd nie.

Helene Heyns ·

Lesufi raak selfs betrokke al het die wit onderwyseres niks verkeerd gedoen nie

SKOOLSEUNS VOLG PRES SE VOORBEELD ·

Ons president het weggekom met dit.

chantel ·

jaaaa godsdiens word uit skole gehaal
die mmerderheid is vroeg ryp en vroeg vrot
geen resepek of gevoel vir ander
NEE WAT DIS CHAOS
en die ouers wonder wat het hul daaroor te se….

Andrea van Vuren ·

Piper jy sê in jou kort bewering meer as wat mens ooit kan dink. Hierdie kampe klink oor maar verdag. Nee wat, hou jou kind veilig tuis. Hulle leer in elk geval niks op die kampe nie. Jammer!

Hoor hoor Snowball ·

Mense worry nir, TOT iets met hul eie kind gebeur. My kind was op skool uitstappie saam SKOOLHOOF. Die en die ander onderwysers het gaan shop en ontspan terwyl ons kinders vir 2 dae self moes klaarkom. Geld is in hul hande gestop vir koskoop en almal is op hul merry way….
Toe ons BAIE ONTSTELD dit onder die beheerliggaam vd skool se aandag bring is daar Net Mooi Niks omtrent dit gedoen nie….
Eers as n kind met volgrnde uitstsappie ontvoer word of beseer word of erger sal hulle seker brgin worry…

My mening ·

Dis verskrilik dat n wat veronderstel was om n lekker ervaring saam met nuwe vriende moes wees vir die meisie so uitgedraai het. Ontsettend dat kinders dit aan mekaar doen.

D B ·

Dis wat gebeur as jy kinders in laerskool al van seks leer. Ek was eers in graad 8 toe ek in Biologie van “die liggaam” geleer het. Klein kinders is emosioneel nie sterk genoeg om sulke inligting te hanteer nie, maar nou ja, ons regering weet mos beter.

alida ·

Is hierdie verkragters die ouderdom wat hulle moet wees vir die graad waarin hulle is? Sal baie graag wil weet.

GM ·

Sjoe, kyk net hoe vinnig word beradingsgroepies nou uitgestuur, maar toe daardie ander meisie geboelie is en sy gepraat het daaroor, moes sy eers selfmoord pleeg voordat hulle beraders uitgestuur het.
En ek weet ek moenie die situasies vergelyk nie. Dis net altyd vir my so duidelik hoe sekere kinders iets beteken, en ander nie – weens hul velkleur.
Sterkte aan die meisie. Ek sidder om te dink dat my kind aan al dié invloede blootgestel gaan word as sy skooltoe moet gaan. Hoe beskerm mens hul teen verkragting en messtekery?

Wielspore ·

In sulke gevalle kan jy maar die pyl trek van die oortreders terug na hul ouers toe. Dit is hier waar dinge verkeerd loop, daar is ‘n gebrek aan waardes en geen respek vir ander mense.
Sterkte aan die meisie!

Johanna Botha ·

Geen maar GEEN respek vir die self of ander en betaal ook vir geen krag nie !

sarah ·

Die ANC kan nuwe tronke solank begin te bou….die huidige tronke gaan te min wees….❗❗❗

Eddy ·

As dit oor ras of taal gaan,Dan is dit n lekker sensasie vir Panyaza Losskroefie.Ek probeer altyd vasstel hoekom ons land n verkragting en n molestering probleem het?????? Ek meen Nederland het nie so n probleem nie,alhoewel byvoorbeeld pornografie lank reeds wettig is daar .So waar is die probleem? Ons het dan nou ook verkragters wat ook nog steeds kinders is.

jakes ·

Volgens E-nuus gisteraand het die ouers van die belhamels gese dat hulle glo dat die seuns onskuldig is. Het die meisie dan gejok daaroor of het sy hulle gevra om haar te verkrag? Asseblief, n mens hoef nie n genie te wees om te weet dat hulle wel skuldig is. Natuurlik sal hulle net n waarskuwing kry en dan maar weer doen wat hulle wil.

Dries Moolman ·

Het die berig elders ook gelees. Sy is glo na die seuns se kamer om saam met hulle hubbly-bubbly te rook. My vraag is: waarom hou Graad 8 kinders hulle met sulke goed deurmekaar? G’n wonder dan dat dit wat gevolg het, gebeur het nie.

More se leiers.

SjN ·

Lesufi moet eerder vroueregter Mabel se stelling insake soortgelyke geval gaan bestudeer en sien dat dit die waarheid was.

Hendri ·

Oompie Panyaza se bra flou reaksie maak dit duidelik dat die oortreders nie blankes was nie. indien dit die geval was sou hy weer die groot RASSISME tamboer geslaan het. As enige blanke kind ‘n oortreding begaan is hy die rassistiese skuim van die aarde, aldus heer Lesufi. Is dit egter ‘n swart kind is die arme bloedjie sommer ‘n slagoffer ook, van die oorlede-in-der-dagen-sat-opgewarmde-lyk van apartheid.

Lizelda ·

Op gisteraand se eNuus is beweer die dogter het saam met die 3 seuns “pyp” gerook in een van die kamers. So ja hoe onskuldig die dogter is weet n mens nie en hoe ver sy dit toegelaat het dat dinge gebeur gaan ons nie weet nie, maar my logika se vir my die dogter kon dink om saam met 3 seuns pyp te rook alleen in n kamer spel niks goeds nie. Nie dat ek enigsins dit wat met haar gebeur het goed praat nie. Die skool aan die ander kant het duidelik nie n onderwyser/e per kamer ingehad nie. Kinders is skelm en wil nie altyd die reels verstaan of gehoorsaam nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.