Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê vyf seuns van Elsiesrivier het op die vlot in die Swartrivier gevaar toe dit in die oop see beland het.
“Die seuns het sowat 100 meter die oop see in, van die vlot af gespring om terug te swem strand toe. Twee van die seuns het in die moeilikheid geraak en onder die water verdwyn. Die ander drie seuns, almal 14 jaar oud, kon daarin slaag om tot by die strand te swem.”
Lambinon sê ondanks ‘n uitgebreide soektog was daar nog teken van die vermiste seuns nie. Hy sê polisieduikers sal Maandagoggend hul soektog voortsit.
Die drie oorlewendes is in ‘n stabiele toestand na ‘n hospitaal geneem vir behandeling.
Lambinon sê die polisie probeer steeds die families van die vermiste tieners opspoor.
Hy sê dit is nie duidelik waar die vlot vandaan kom nie en dat die polisie daarop beslag gelê het as deel van hulle ondersoek.