Seuntjie (3) sterf in puttoilet

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Driejarige seuntjie is dood ná hy Donderdag in ʼn puttoilet beland het.

Konst. Maphure Manamela, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het in Seshego by Moletji Diteteng naby die WF Knobel-hospitaal in Limpopo plaasgevind.

“Die seuntjie het na sy tannie se huis oorkant die straat gegaan waar hy gewoonlik gaan speel. Sy tannie het sy klere uitgetrek en hom soos gewoonlik gelos dat hy badkamer toe gaan by die puttoilet. Sy was besig met haar huistakies toe sy agterkom sy het hom vir ʼn rukkie nie gesien nie,” het Manamela gesê.

Volgens Manamela het die vrou vergeefs na die seuntjie gesoek en toe die polisie ingelig.

“Die polisie het spoedig reageer en na hom gesoek tot hy binne die puttoilet aangetref is.”

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale kommissaris van die polisie, het sy hartseer oor die tragedie uitgespreek en ouers en voogde gewaarsku om te alle tye waaksaam te wees om te verhoed dat dié soort voorvalle gebeur.

Volgens Manamela word die omstandighede rakende die kleuter se dood deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Daar is geld om te mors op nuwe dorpsname en selfs Kaapstad se lughawe te vernoem, maar mense moet steeds puttoilette gebruik? Nou wat is fout met hierdie prentjie? ANC se kiesers wil ook maar nie luister nie… Die ANC voel vere vir sy stemvee!

Marlize ·

Dit is verskriklik hartseer. Hoekom word daar nog puttoilette gebruik? Ek stem saam met Hanna. Kyk eers na die mense en dan worry julle oor nuwe dorpsname, lughawe name ens.

LB S ·

Hoe los jy ‘n drie-jarige om alleen na ‘n puttoilet te gaan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.