Seuntjie (3) verdrink amper by ouerhuis

Argieffoto

ʼn Driejarige seuntjie het Vrydaglaatmiddag byna verdrink by sy ouerhuis.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê hulle is omstreeks 17:00 na die toneel in Bantrybaai in Kaapstad ontbied.

“Toe ons paramedici by die toneel opdaag, was daar reeds ʼn ander paramedikus besig om noodbehandeling op die seun toe te pas,” het Dollman verduidelik.

Dit blyk dat die seuntjie en sy boetie gespeel het toe die voorval plaasgevind het. “Die seuntjie is bewegingloos in die swembad aangetref.”

Volgens Dollman het die seun gelukkig ná ʼn ruk weer self begin asem haal.

“Die kind en sy ma is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.”

Dollman het benadruk dat kinders in ʼn klein hoeveelheid water kan verdrink en ouers aangemoedig om noodbehandelingskursusse te voltooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Tersia ·

Ai toggie tog leer mense NOOIT!!!! N mens kyk na jou kinders as jy n swembad het!!! Sterkte ek hoop regtig hy is OK!!!

Kwaaitjie ·

Hoeveel keer nóg?

Ek kan nie verstaan hoe ouers hul kinders by swembaddens laat speel sonder dat hul by is nie.
Was swembad omhein? Net?

Marinda Perry ·

Geen mens kan n ander mens oordeel nie, want nie eers die Here doen dit nie. Ek stem Amanda 100 % saam met jou

Neeeeeee ·

Neeeeeee, ek oordeel. Klaar. Net net net net, toesig toesig toesig, heining heining. Klaar. Punt.

Amanda ·

Neeeee.
My seun het alles as n uitdaging gesien. Die ‘kiddie locks’ op die kaste het my ure gevat om op te sit, hy het dit binne minute uitge’figure’. Die 2m heining met n latch bo (tussen ons en die swembad) het hy soos n slang uitgeseil en oopgemaak. Daai doppies op medisyne wat jy moet afdruk voor jy draai… geen probleem.
Mense dink ek is een te veel soos ek my kinders beskerm. Tog op 2 en n half het hy skielik begin hardloop en is amper doodgery.
HOU OP OORDEEL!
Netnou sit ander jou hier en oordeel as so iets met jou gebeur!

Pap ·

Dink die pap word bietjie dik aangemaak hier. Gooi dan die swembad toe. ‘n Kind weet nie wat die gevare is van dit wat volwassenes daar sit of waaraan hulle nalatig is nie. Het self twee. Swembad is omhein plus net en word met valkoog dopgehou. Plus swemlesse.

A. Mac ·

Maak jou swembad met ‘n net toe. ‘n Ouer kan noodhulp leer en toepas maar wat as dit heeltemal te laat is? ‘n Kind kan leer om te swem maar wat gebeur as die kind in die ysige koue water val en skok opdoen en van die koue nie kan swem nie? Doen die regte ding, al dink jy as ouer dit is ‘n te groot finansiele uitgawe, en sit ‘n net of seil oor jou swembad. Eerder dit as dat jy in die toekoms langs ‘n kind moet staan wat se lewe verwoes is deur ‘n swembad wat nie behoorlik bedek is nie. Jy bere jou pille, vuurwapen en ander gevaarlike goed buite bereik van jou kind, nou hoekom nie jou swembad ook nie?

Amanda ·

Daar is nog n artikel vann meisie wat met kookwater gebrand het vir julle om te gaan raad gee en veroordeel.

VanAfrika ·

Swemlesse, swemlesse, swemlesse!!!!!! maak nie saak hoe oud jou kind is nie, glo dit of nie, hulle kan van drie maande af al leer swem

VanAfrika ·

Amanda, Marinda ongelukke kan vehoed word. Hou oog op jou kinders die heeltyd. As daar n swembad betrokke is, raak jy neuroties. Vir n net of hekke om n swembad het ek nooit nodig gehad om oor te skrik nie, my seuns kon swem nog voor hulle behoorlik kon loop. Jou storie van die bottel se proppe glo ek nie, ek self het al my gal afgesukkel om daai prop af te kry. Gevaarlike goed in kaste, pak ek hoog waar hulle dit nie kan bykom nie, “out of site, out of mind”. Het ook nooit nodig om my kaste te sluit nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.